[Video] Carte Blanche nou op ShowMax

Carte Blanche nou op ShowMax (Foto: Verskaf)

ShowMax se oorsese intekenaars kan nou splinternuwe episodes van Carte Blanche kyk, minder as 48 uur nadat dit op M-Net uitgesaai is.

Carte Blanche is vanaf 8 Augustus vir internasionale intekenaars beskikbaar en skop af met ’n spesiale 90 minuut-episode waar Devi Sankaree Govender die bekende Trevor Noah in New York besoek.

Devi doen onder meer ’n onderhoud met Noah op die stel van die Daily Show. Die onderhoud kom kort voor Noah se komedietoer volgende week in Suid-Afrika.

Nuwe episodes van Carte Blanche sal voortaan elke Dinsdag beskikbaar wees, binne 48 uur nadat dit op M-Net uitgesaai is.

Dit beteken dat, waar jy ook al in die wêreld is, jy sal kan inhaal op al Suid-Afrika se politieke, skandalige, opbouende en boeiende stories indien jy ’n oorsese ShowMax-intekenaar is.

Let wel: Carte Blanche is slegs beskikbaar aan ShowMax-intekenare in Andorra, Australië, Oostenryk, België, Kanada, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ysland, Indonesië, Ierland, Italië, Liechtenstein, Luxemburg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu-Seeland, Noorweë, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, die Verenigde Koninkryk en die VSA.

Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet. Kry ’n voorsmakie van al die heerlike programme wat Showmax opdis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.