Video: Coenie de Villiers, Helen Zille kuier saam met ‘Kwêla’

Coenie de Villiers (Foto: kykNET)

Coenie de Villiers (Foto: kykNET)

Die Afrikaanse sanger en voormalige aanbieder van die kykNET kletsprogram, Kwêla, is op 12 Oktober vir die eerste keer sedert hy die bank van dié program verlaat het, terug om te praat oor sy jongste album én om ʼn splinternuwe video met aanhangers te deel.

In die jongste Kwêla-episode besoek aanbieder Hannes van Wyk ook Leeuwenhof in die Wes-Kaap, om met die premier van dié provinsie, Helen Zille, te praat oor haar jongste boek en ander ditjies en datjies.

Kykers gaan ook hul maagspiere oefen met die tweede golf Kwêla-funnies, asook Feite & Geite.

Aanhangers van Coenie sal ook in dié episode die geleentheid kry om eksklusief die eerste musiekvideo van sy eerste album in vier en ʼn half jaar te sien. Coenie beskryf dié album as “ʼn baie persoonlike album” en een met ʼn verskeidenheid.

Kwêla is Woensdae om 19:30 op kykNET, DStv kanaal 144.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.