[Video] Crystal Donna Roberts proe internasionale sukses

crystal-donna-roberts

Crystal Donna Roberts. Foto: Burger Meyer.

Crystal Donna Roberts is bekend vir haar rolle in Afrikaanse televisiereekse soos Vallei van sluiers en Getroud met Rugby en sy was selfs ʼn aanbieder by Pasella. Sy wys ook gereeld haar staal in die teaterwêreld soos verlede jaar met die produksie Rondomskrik en vanjaar in die nuwe weergawe van PG du Plessis se Siener in die Suburbs.

Crystal het ook onlangs internasionale sukses geproe toe die nuwe fliek waarin sy te sien is, The endless river, nie net aanvaar is vir die Venisië-filmfees nie, maar toe sy self ook genomineer is as beste aktrise.

Maroela Media het by die Artscape Teater in Kaapstad met Crystal gesels oor haar loopbaan, wat dit vir haar beteken om benoem te word by ʼn internasionale filmfees. Sy het ook vertel van haar ervaring om in Siener in die Suburbs te speel. Maroela Media het ook ʼn paar flitsvrae aan Crystal gestel om haar bietjie beter te leer ken.

Kaartjies vir Siener in die Suburbs wat vanjaar tydens die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te sien is, is hier beskikbaar teen R130.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.