Video: Deon Opperman se ‘Donkerland’ lyk belowend

Deon Opperman se nuwe Afrikaanse dramareeks is eersdaags op kykNET te sien. Foto: Donkerland Facebook-blad

Kyk gerus die video van Maroela Media se besoek aan die stel van Donkerland onderaan die berig.

Kyk gerus ook na die fotogalery onderaan die video.

Diegene wat aanhangers van Deon Opperman se televisiereeks Kruispad en Hartland was, kan uitsien na die derde aflewering van sy “Afrikaner-trilogie” wat eersdaags op kykNET te sien is.

Donkerland is gebaseer op die gelyknamige verhoogdrama wat afspeel op ʼn plaas in KwaZulu-Natal en vertel die geskiedenis van die De Wit gesin wat strek oor 158 jaar. Die storie begin in 1838 en beeld al die grootste gebeure in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uit tot 1996.

Jozua Malherbe wat voorheen ook die regie vir Getroud met Rugby en Wolwedans in die Skemer behartig het, skuif in die regisseurstoel in vir Donkerland.  “Ek wou vir my ʼn regisseur kry wat jonk en oud genoeg is: jonk genoeg om regtig in kontak te wees met moderne tegnologie, verfilmingstyle en wat met die kamera gedoen kan word, maar oud genoeg om die karakters se dieper ‘binnemens’ te verstaan,” sê Opperman.

Die hoofrolverdeling bestaan uit ongeveer 142 van ons land se top akteurs wat Gys de Villiers, Rolanda Marais, Heléne Lombard, James Alexander en Lida Botha insluit.

Donkerland sal na verwagting in Augustus uitgesaai word.

Maroela Media het ʼn draai op die stel van Donkerland gemaak en het met ʼn paar van die akteurs gesels om vir ons ʼn kykie agter die skerms te gee. Daar volg ook ‘n fotogalery onderaan die video (foto’s: Donkerland Facebook-blad).

Jy kan ook na die volledige onderhoud met Deon Opperman en Jozua Malherbe in Allegaartjie45 luister.

[nggallery id=2]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.