Video: Die “nuwe” Koöperasiestories

Elize Cawood en Deon Lotz is te sien in die nuwe televisiereeks Pandjieswinkelstories.

Elize Cawood en Deon Lotz is te sien in die nuwe televisiereeks Pandjieswinkelstories.

ʼn Video van ʼn besoek aan die stel van Pandjieswinkelstories volg onderaan die berig.

PG du Plessis se nuwe televisiereeks Pandjieswinkelstories is eersdaags op die kassie te sien.

Dit is amper 30 jaar sedert immergewilde reeks, Koöperasiestories, vir groot vermaak gesorg het. Die storie met sy unieke vertelwyse vind vandag nog aanklank by jonk en oud. In Pandjieswinkelstories word hierdie manier van storievertel verder gevoer met nuwe karakters.

Soos met Koöperasiestories is daar ʼn paar deurlopende karakters terwyl die ander karakters met elke episode verander. Volgens Frank Opperman,een van die hoofkarakters, is Pandjieswinkelstories in “tipiese PG du Plessis-styl” geskryf.

Elize Cawood en Deon Lotz is ook in die hoofrolverdeling te sien.

Hierdie 13-episode reeks begin op 15 Julie op kykNET.

Intussen word ʼn spesiale verjaarsdagkonsert in Julie by die Atterbury Teater in Pretoria gehou om PG du Plessis se 80ste verjaarsdag te vier. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marieta ·

Hoera! Vir PG. En Kyknet. Uiteindelik weer komiese gesinsvermaak sonder die “konynsindroom”

Mandi ·

Ek hoop REGTIG dat met die nuwe Pandjieswinkelstories, daar GEEN GEEN GEEN GEEN GEEEEEEENNNNNN Engelse byskrifte onderaan sal wees nie!!! Hoekom moet dit vertaal word – dit doen afbreek aan die visuele aspek. Watter taal doen dit vir AFRIKAANS ??????

Alta ·

Ons kyk graag pandjieswinkelstories. Bring heimwee oor Genis en Mieta se stories. Ek wil graag weet waar is die storie geskiet.

Dankie
‘N Genis in murg en been

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.