[Video] Ekslusief: Lokprent vir die Afrikaanse riller ‘Die Ontwaking’

Die Ontwaking beloof om jou op die randjie van jou stoel te hou. Foto: Verskaf

Die Ontwaking beloof om jou op die randjie van jou stoel te hou. Foto: Verskaf

Die afwagting is verby … Kon jy genoeg moed bymekaarskraap? Kyk nóú eksklusief op Maroela Media die lokprent van die Afrikaanse misdaadriller Die Ontwaking.

Die fliek ondersoek die komplekse en dinamiese verhouding tussen die geestelik versteurde, dog simpatieke Abel Lotz (Gys de Villiers) en ’n mooi jong speurder, Ella Nesser (Juanita de Villers), wat pas aangestel is om moordsake op te los.

In dié fliek is Lotz die eienaar van ’n klein galery wat spesialiseer in Afrikamaskers en kuns. Dié maskers is gewoonlik die vel van mooi vroue wat deur Lotz vermoor word. Sal Nesser hom in sy spore kan stuit en sy jag op mooi jong vroue kan stuit?

Dié Afrikaanse misdaadriller is gegrond op die bekroonde skrywer, Chris Karsten, se boek met dieselfde naam.

Kyk die lokprent hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Burnmeister ·

Uiteindelik! ‘n Afrikaanse fliek wat nie ‘n romkom of depressiewe tragedie is nie.

Juan Olivier ·

Hulle gaan dit seker weer opv soos al die ander Afrikaanse fliek deur subtitels op te sit wat jy nie kan af haal nie dan sukkel jy om die fliek te kyk want die woorde trek heeltyd jou aandag.

DMC de Koker ·

Mense wat niks beters het om iets beters met hulle tyd te doen nie. Meeste Afrikaanse flieks is maar van ‘n morele swak standaard. Daars beslis ‘n leemte in die Afrikaanse Christelike filmbedryf.

Andre ·

Om te se “Meeste Afrikaanse Flieks is maar van morele swak standaard” is n interessante stelling..wat is jou verwysing in die film “wereld” om dit te staaf?

Lize ·

Het Chris Karsten se boek gelees – Die ontwaking van Abel Lotz – goed! (Nou besig met die 2de een in die reeks.) Hopelik stel die fliek nie teleur nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.