[Video] Hennie, Jacobu deel hul Willowmore-sprokiestroue

Boer Hennie en sy Jacobu deel troufoto’s ((Foto: Lynelle Pienaar Fotografie)

Eers het boer Hennie Lötter homself probeer regruk, maar toe neem sy emosies oor. Toe Jacobu, sy “onverwagse liefde”, in die paadjie van die Oos-Kaapse kerkie begin afloop, het die trane sonder keer oor sy wange begin rol.

Dit was die sprokiestroue waarvan albei gedroom het. En nou het Lötter van die negende reeks van Boer soek ʼn vrou en sy Jacobu Donderdag ʼn video van hul bruilof, wat verlede maand op Willowmore gehou is, met aanhangers gedeel.

Hennie en Jacobu het talle kykers van dié reeks in Januarie vanjaar aangenaam verras. Jacobu het aanvanklik ingeskryf vir boer Arno, maar dié twee het aan die einde van die reeks aangekondig dat hulle voortaan net vriende sal wees.

Lötter, ʼn veeboer, het ook nie aanklank gevind by enige van die vroue wat vir hom ingeskryf het nie en het later sy verhouding met Jacobu as “onverwags en onbeplan, maar amptelik” beskryf.

Die twee het vroeër vanjaar aan Maroela Media vertel dié verhouding het glo vlamgevat ná Jacobu ʼn pakkie vir Hennie op sy pa se plaas moes aflewer. Sy het glo vir hom ʼn boodskap gelaat, en nadat hulle begin gesels het, het die liefdesvlam begin brand.

Boer Hennie en sy Jacobu deel troufoto’s ((Foto: Lynelle Pienaar Fotografie)

Die tiende seisoen van Boer soek ʼn vrou, wat op 12 Oktober op kykNET begin het, het in sy eerste drie episodes ’n terugblik gegee van vorige reekse om te sien hoe dit met die boere en die liefdeslewe deesdae gaan.

Van 2 November (Donderdag) is dit die boere in die jongste reeks se beurt om te begin met hul soektog na liefde. Die reeks gaan vir die volgende 13 weke, tot en met 25 Januarie, saam met Minki van der Westhuizen dié boere se liefdespaadjies loop.

Onder die tiende reeks se tien boere is daar een vrou terwyl die jongste boer 23 is en die oudste deelnemer 60 is.

Boer soek ʼn vrou is Donderdae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

Die video is vervaardig en geredigeer deur Eon en Ilse Coetzee van EONMedia en met vergunning van EONMedia geplaas. Vir meer inligting besoek EONMedia se Facebook-blad en webwerf.

Die foto’s is met vergunning van Lynelle Pienaar Fotografie geplaas. Vir meer inligting, besoek Lynelle Piener Fotografie se Facebook-blad en webwerf.

Hennie & Jacobu – Willowmore Troue

Wat 'n voorreg was dit om 'n sprokies troue in die hart van Willowmore vas te vang. Hier is 'n kort video van 'n paar van ons gunsteling hoogtepunte. Hennie Lotter en Jacobu Muller Lötter : Geluk, gesondheid en kinders by dosyne! Filming & Production of video: EONMEDIA (Eon & Ilse Coetzee)Photography (including the thumbnail to this video): Lynelle Pienaar PhotographySong choice: Burgerd Botha – As Jy Nog Twyfel (No copyright infringement intended)Tents: Zulu Overland Snacks: KasselshoopDecor: Fabulous FunctionsGroom & Best men Bow Ties and Suspenders: Eden&CoDJ: Hanuli’s Sound & VideoFlowers: Kanetberg FloraWedding dress: Lealia Bridal StudioBridesmaid Dresses: PrettilyVenue: MillerstasieMake-up and Hair: Melanie Gildenhuys, Thana Nel, Lilanie Dilley

Posted by EONMEDIA on Wednesday, November 1, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Liza101 ·

Die liefde laat hom nie voorskryf nie! Baie geluk!!! LiEfDe WEN!

HPH ·

Baie geluk julle.
Dit is regtig ‘n baie mooi video en wonderlik om te sien daar gebeur nog iets mooi in vandag se tyd.
Mooi !!!

Ano ·

Ons wil nie “in die spotlight wees nie” tog deel ons alles. Klink vir my na n 2de Van Jaarsvelds.

**anoniem** ·

@Ano, as dit jou so baie pla dat hulle (uit die goedheid van hulle harte) hulle spesiale dag en oomblikke met ons almal deel, hou op kyk – maklik soos dit!!!! Moenie ander mense se geluk met jou negatiewe kommentaar versuur nie! Komaan, gun almal hulle gelukkie!! Hier die is werklik nie aansitterige mense nie, dis sout van die aarde mense en dit straal deur in alles wat hulle vir hulle medemense doen! BAIE GELUK HENNIE EN JACOBU, julle is ‘n inspirasie vir soveel jongmense wat nog die huwelik moet betree! Julle liefde vir mekaar is aansteeklik!

skilpad skillie ·

die mooiste 2 mensies met die mooiste persoonlikhede en mooiste liefdesverhaal. mag julle huwelik geseend wees.

Cathy ·

Ag, dis nou sommer baaaaie mooi en bring ‘n warmte in my hart. Ek wens julle net die beste toe. Julle is eerlikwaar ‘n lieflike kaartjie. Die video is asemroewend. Ag julleselg baie gelukkig. Die video van my troudag is net in my kop beskikbaar.

Alta ·

Ag hoe pragtig, is die twee mense se liefde wat hulle vir mekaar uitstraal! Glo sommer nou weer aan die Liefde, wat die twee jong mense het vir mekaar! Mag julle baie geseende jare saam wees, en tonne pragtige kindertjies hea,??

Didi ·

Ag moeder! dis te pragtig en so spontaan! Wat n pragtige paar. Baie geluk! Was lekker om dit te sien!

Ano ·

Nee wat, ek’t my vrou reg ontmoet en nie op n program vir desperates nie.

Dina Erasmus ·

Ag julle is net pragtig! Wens alle paartjies kan so gelukkig wees soos julle. Geniet jul liefdesverhaal as Man en Vrou. xx

Uvonka ·

Wragtig pragtig! Wense vir ‘n baie mooi, gelukkige lewe saam. Julle pas mooi bymekaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.