Video: Hoe die stel van ‘Friends’ ontwerp is

Skermgreep uit die reeks

Geen ander woonstel in New York City is so bekend soos Monica se tweeslaapkamer in die West Village nie.

Met sy pers mure en balkon het dié woonstel ʼn tuiste geword waar jy saam met jou gunstelingvriende kon kuier – en dit het die ideaal geword van alles wat New York kan wees.

Dis alles te danke aan John Shaffner, die man wat die stel vir die bekende televisieprogram “Friends” ontwerp het. Shaffner was betrokke as stelontwerper by 44 verskillende TV-reekse, insluitend “Dharma and Greg”, “The Drew Carey Show”, “Two and a Half Men” en “The Big Bang Theory”.

“Friends”, wat tussen 1994 en 2004 op die lug was, bly tot vandag toe een van die gewildste TV-programme ooit.

The Great Big Story het met hom gesels:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HB ·

Ek het “Friends” gekyk toe dit destyds op TV was en was mal daaroor. Nou is my seun van 16 ook ‘n baie groot aanhanger van hierdie uitstekende sitcom met re-runs op Comedy Central van al die seisoene.

Ania ·

Dis so jammer dat die Here se Naam alewig ydelik gebruik moet word. Dit maak hierdie en soortgelyke oulike reekse ongelukkig vir my onkykbaar. Dis so jammer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.