Video: Ignoreer die dolle gejaag met Showmax

boer-soek-n-vrou-s9

Die negende seisoen van die gewilde ‘Boer soek ‘n vrou’ is nou op ShowMax beskikbaar. Foto: Verskaf.

[Promosie-artikel]

Wanneer het dit aanvaarbaar geword om in Oktober al die winkels vol Kersversierings te hang? Waar jy ook al kyk, is daar rooi balletjies en groen blare om jou te herinner dat die jaar einde se kant toe staan.

Daar’s net twee maniere om dit te ignoreer: kyk weg, of kyk ShowMax. Gelukkig is daar hierdie Oktober soveel nuwe programme, seisoene en flieks op ShowMax dat dit nie moeilik sal wees om jou oë eerder op die skerm as op die voortydige Kersvaders te hou nie.

Leandie du Randt is juis iets vir die oog. Sy is die aanbieder van die nuwe reeks Slank wat vanaf 10 Oktober op ShowMax debuteer. Leandie en ’n span kenners gaan deelnemers aan dié program help om hulle kop en eetplanne reg te kry en só die vetrolle af te skud.

Vir almal wat nie belangstel in verslank nie, maar eerder graag wil eet: daar’s ook hierdie maand ’n splinternuwe seisoen van Edik van Nantes met Nataniël. Hy en sy broer Erik verlaat die plaas in seisoen 2 en maak verruklike disse op ʼn nuwe, geheime plek buite Nantes.

Karen Zoid is ook weer op die kassie (of die slimfoon of tablet – na gelang van waar jy kyk) met ʼn nuwe reeks van haar supergewilde program Republiek van Zoid Afrika. Met elke episode gaan jy meer oortuig raak dat dié vrou eintlik die president van die moederland moet wees. Maar nou ja.

Terwyl Suid-Afrikaners ’n ander president soek, is daar ’n klomp nuwe boere wat liefde soek in seisoen 9 van Boer soek ʼn vrou. Minki Joubert (voorheen Van der Westhuizen) neem die leisels by Nadia oor en reis die land se plaaspaaie plat om die boere te help in hul soeke na raakvatter-vroue.

As jy die soort persoon is wat meer belangstel in boere se hooibale as hulle hartsake, maak seker dat jy die nuwe seisoen van Megaboere te sien kry. Die nuwe aanbieder van Megaboere, Bun Booyens, besoek groot boerderye oor die hele Suid-Afrika om vas te stel wat die geheim van hulle sukses is, en hoe hulle verseker dat hulle jaar ná jaar vooruit boer, maak nie saak wat die uitdagings is nie.

Jy kan nuwe episodes van al hierdie splinternuwe programme op ShowMax sien binne 24 uur van uitsending in Suid-Afrika. Dis kraakvars vermaak op die regte tyd, en net die ding om jou te help ontspan en vergeet van die einde-van-die-jaar-gejaag.

Teken nou in op ShowMax om seker te maak dat jy nie een van jou gunstelingprogramme misloop nie – en maak ʼn daaglikse afspraak met jou gunstelinge. ShowMax kos slegs VSA$8,99 per maand en gee jou onbeperkte toegang tot duisende episodes heerlike Suid-Afrikaanse reekse, en wonderlike nuwe Afrikaanse flieks soos ’n Paw-paw vir my Darling. Jy kan ShowMax op verskeie toestelle kyk – van jou skootrekenaar tot jou slim-TV, Apple TV, Google Chromecast, tablet en slimfoon. As Kersfees dan nou vroeg moet kom, laat dit ten minste in die vorm wees van goeie en gerieflike vermaak – en nie blink, sneeubedekte oogsere nie.

  • Hierdie nuwe seisoene van programme en flieks is vanaf Oktober vir buitelandse kykers op Showmax beskikbaar: Slank, Edik van Nantes, Republiek van Zoid Afrika, Boer soek ʼn vrou seisoen 9, Glam Guru, Megaboere, Hier gaan ons al weer, Jou Show, ʼn Paw-paw vir my Darling, ʼn Huppel in die Stap, Vat jou goed en trek
  • Showmax-kykers in Suid-Afrika en Namibië kan binge op populêre reekse soos Die Byl, Binnelanders en Boer soek ʼn vrou S7&8.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daniez ·

Hoekom moet ek vir iets betaal wat ek reeds voor betaal???

Bruno Stef ·

Dit is vir my presies die selfde as E-tol ek betaal alreeds as pensionaris vir DSTV omdat daar weinig op SAUK is om te kyk nou word ek gekonfronteer met addisionele kostes baie ou mense moet maar die rieme dun sny of het die bestuur nie werklik ons kykers nodig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.