Video: ‘Jy soen my nie meer nie’ herleef op Zoid Afrika

Ryk Neethling, Karen Zoid en Lianie May (Foto: Anelia Loubser)

Ryk Neethling, Karen Zoid en Lianie May (Foto: Anelia Loubser)

Dis byna ʼn dekade gelede dat Lianie May se treffer “Jy soen my nie meer nie” een van die redes was waarom dié plaasmeisie ʼn pop-sensasie geword het. Dié liedjie het egter Dinsdag nuwe lewe gekry in die jongste episode van Republiek van Zoid Afrika en ʼn verwerking daarvan, deur Lianie en Karen Zoid, pronk weer bo-aan die iTunes-trefferslys.

Zoid se weergawe van “Jy soen my nie meer nie” kan op iTunes vir R9,99 gekoop word.

Ander musiekhoogtepunte uit die huidige reeks se musiektreffers sluit in “What He Means”, “Boetebessie Briek Dans”, “Timbuktu” en “Vloek van die kitaar/Thunderstruck”.

In Dinsdag se episode van Republiek van Zoid Afrika was die Olimpiese swemmer Ryk Neethling ook ʼn ateljeegas.

In die episode van 15 November besoek Tobie Cronjé en lede van die Gereformeerde Blues Band die Republiek.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.