Video: Karen en ‘The Voice’-deelnemers snoer kragte

Karen Zoid, Thembeka Mnguni en Almur Marais (Foto: Verskaf)

Karen Zoid, Thembeka Mnguni en Almur Marais (Foto: Verskaf)

Die presidentsvrou van die Republiek van Zoid-Afrika, Karen Zoid, het Dinsdagaand saam met Almur Marais en Thembeka Mnguni, haar deelnemers van The Voice, behoorlik die dag gelig met hul weergawes van “Vloek van die kitaar” en “Thunderstruck”.

Die negejarige Angelou Roman, ’n talentvolle kitaarspeler wat landwyd harte steel, was ook ʼn gas.

Die vierde seisoen van Republiek van Zoid Afrika word tans gebeeldsaai en die huidige reeks se musiektreffers sluit in “What he means”, wat Karen saam met Ard Matthews gesing het, Leon Schuster se “Boetebessie Briek Dans” en Riana Nel se “Timbaktu”.

Karen het ook in die jongste episode ’n tjek van R36 000 aan Thembeka oorhandig om vir haar seun se skoolgeld te betaal.

Thembeka het haar werk verloor toe sy haar droom gevolg het om aan The Voice deel te neem.

Kykers is ook verras toe Bobby van Jaarsveld sy verskyning in Keeping up with Marinda, ’n komiese insetsel vir die program, gemaak het.

“Vloek van die kitaar” en “Thunderstruck” kan op iTunes vir R9,99 gekoop word.

In volgende week se episode op 8 November word die Republiek besoek deur die Olimpiese swemmer Ryk Neethling en die boereprinses van Oranjeville, Lianie May.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.