Die Brug, kykNET se splinternuwe werklikheidsreeks, het vroeër vandeesweek afgeskop en beloof om kykers te boei.
In die nuwe Afrikaanse werklikheidsreeks ontmoet 12 vreemdelinge mekaar in die hartjie van die prentjiemooi Swellendam, elkeen met een doel voor oë: om met prysgeld van R1 miljoen huis toe te gaan.
Die 12 vreemdelinge moet as deelnemers aan Die Brug as’t ware met hul kaal hande saam ʼn brug binne 20 dae bou – wat kan lei tot die massiewe pryspot.
Ontmoet die deelnemers
Arnold Bosman (44, Pretoria)
Avril Albetti (38, Sandton)
Geo Botha (35, Stellenbosch)
Iana Strydom (24, Johannesburg)
Jamie le Roe (37, Swellendam)
Larry Alcock (57, Johannesburg)
Marna Grobler (53, Roodepoort)
Nonnie Geldenhuys (56, Hopefield)
Robert Kruger (34, Midstrea
Sam Marais (32, Kaapstad)
Tina Linder (45, Pretoria)
William Walters (32, Vredenburg)
- Die Brug word Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
Kyk hier na wat dié deelnemers oor Die Brug te sê het:
‘n Brug moet gebou word uit vlotte wat kan dryf. Nat boomstompe kan nie dryf nie. Die enigste droe hout wat ek sien, is die huis waarin hul bly. Daar is opmerklik baie onnodige hout- meubels en afwerking in die huis. Daar moet ‘n rede daarvoor wees. Hul sal hul huis en stoor dus moet afbreek, en daardie hout gebruik om die vlotte te bou.