[Video] Lag lekker saam met dié ‘Kwêla-funnies’

‘n Skermskoot uit een van die Kwêla Funnies-video’s

Die finaliste in kykNET se Kwêla funnies & Feite en geite-kompetisie is vandeesweek bekend gemaak en elkeen van dié video’s gaan jou laat skaterlag.

kykNET-aanhangers is dol oor dié skreeusnaakse video’s waarin ʼn volstruis onder meer ʼn man groot skrik op die lyf jaag, ʼn hondjie nié die konsep van ʼn glasruit verstaan nie en ʼn man wat ʼn hele stuk aarde “koop” toe hy van sy fiets afval.

Kykers het nou wéér kans om vir hul gunstelingsvideo’s te stem en staan ʼn kans om groot pryse los te slaan – soos onder meer ʼn vakansie by ʼn Club Med Mauritius-oord.

Om vir jou gunstelingvideo te stem, stuur ʼn SMS na 33157 met die video se naam. Elke SMS kos R1,50. Jy mag 30 keer stem. Jy kan ook stem op die kykNET-webwerf.

Kwêla word Sondae om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, gebeeldsaai.

https://youtu.be/vEIXlSvyqyE

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

TDW ·

Sê gou vir my of enige iemand anders ‘n derde vis of iets by die walvisse opmerk by 00:49-52 sek.

Elize C ·

Jip, daar is definitief nog ‘n vis sigbaar tussen die 2, net heelwat dieper in die water, lyk of hy vinniger swem as die boonste 2 walvisse.

honourable member ·

Diere is sulke wonderlike goed. Jy is so stresvry met hulle by jou. Hulle sal jou altyd laat lag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.