Video: Lira-treffer kry nuwe lewe in Zoid Afrika

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Dit was tien jaar gelede toe die sangeres Lira opslae in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak het met haar liedjie “Feel Good”. Dié liedjie het haar ʼn bekende stem op radiostasies gemaak. Nou het sy en die Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid wéér vandeesweek beïndruk met hul nuwe weergawe van dié liedjie.

Sedert die vierde seisoen van die Republiek van Zoid Afrika ’n paar weke gelede op TV begin het, het Karen en ander sangers se verwerkings van geliefde liedjies bo-aan die Suid-Afrikaanse iTunes-trefferslys gepryk.

Saam met Lira was Karen se ateljeegas vandeesweek die voormalige Mej. Suid-Afrika, Jo-Ann Strauss.

Die huidige seisoen se liedjiehoogtepunte sluit in “What He Means”, “Boetebessie Briek Dans”, “Timbuktu”, “Vloek van die kitaar/Thunderstruck”, “Jy soen my nie meer nie” en “Ek ry ’n BMW”.

In volgende week se episode, op 29 November, kuier die akteur Neil Sandilands, wat deesdae in Hollywood woon en werk, saam met Antoinette Kellermann en Christia Visser in die Zoid se republiek.

Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.