Maties-koor sing Zoid en Van Coke se liedjie

Foto: Skermskoot uit die video

Foto: Skermskoot uit die video

Nadat die Universiteit van Stellenbosch se koor skoonskip gemaak het op die onlangse internasionale koorspele in Rusland, het dié koor nou sosiale media aan die gons met sy weergawe van Karen Zoid en Francois van Coke se liedjie “Toe vind ek jou”.

Die koor het dié liedjie aangebied tydens Varsity Sings – ʼn nuwe koorkompetisie wat op 14 Julie op kykNET begin het. Die kompetisie gee 12 universiteitskore van oor die land die geleentheid om teen mekaar mee te ding. Varsity Sings is ʼn kykNET-inisiatief wat in samewerking met Varsity Sports op die been gebring is.

Varsity Sings is elke Donderdagaand om 20:30 op kykNET (kanaal 144) te sien. Die eindronde vind op 13 Oktober plaas.
https://youtu.be/LBCpr8PDoW8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

sue-ann ·

Briljant. Beste gesing van gisteraand se kore. Kan nie wag vir nog….

Frik Booysen ·

Puik puik puik. Moeilik om hierop te verbeter. Skitterend

André van der Merwe ·

Natuurlik sing ons nog in Afrikaans ook! Die taalmedium is slegs ‘n goue middeweg om alle kultuurgroepe te akkommodeer. Maar ons bly trots en uitspattig Afrikaans! My swart koorlede sing Afrikaans met groot passie!

André van der Merwe ·

Natuurlik sing ons nog in Afrikaans ook. Die Engels klas taalmedium is bloot om ‘n goue middeweg vir alle kultuurgroepe te bied. Ons sing steeds in Afrikaans met groot passie. Kyk met hoeveel deernis sing my swart koorlede in Afrikaans!

Neil ·

Ai…. ek wens so dat hulle nie hierdie af gehaal het nie. Het dit op TV gesien en dit was SUPER AWESOME gewees. Hoop hulle bring ‘n Blu Ray uit wat mens kan koop…. of at least ‘n CD?

André van der Merwe ·

Die video kan nou op KykNet se webwerf, of op KykNet se Facebook bladsy besigtig word! Kyk, en share – dit sal vir ons baie beteken!

Matmiet ·

Wow ek het geen chicken meat. My asem is now g met my. ?????? do e video is deur die gebruiker verweider…

André van der Merwe ·

Die video is nou beskikbaar op KykNet se webwerf, asook op KykNet se Facebookbladsy!

André van der Merwe ·

Die video is nou op KykNet se webwerf, asook facebook beskikbaar. Met ‘n oulike inleiding deur Francois van Coke! Kyk en share, asb!

Maria van Dieweeck ·

Die wonder van musiek, blind vir kleur en grense! SING JULLE!

Nagtegal ·

As oud lid van verskeie kore en sanggroepe het hierdie stuk my hart diep geraak. Absoluut fantasties. En die soprane
…wow girls, jul mag maar sing. So ook die res van die koor. Puik uitvoering en uitspraak….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.