Video: Nóg ʼn toptreffer vir Zoid en Riana Nel

Riana Nel, Karen Zoid en Ruda Landman (Foto: Facebook)

Riana Nel, Karen Zoid en Ruda Landman (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse rock-sangeres en kletsprogramaanbieder, Karen Zoid, was Woensdag wéér bo-aan die Suid-Afrikaanse iTunes-verkoperlys, nadat sy Dinsdag saam met Riana Nel die gewilde Afrikaanse liedjie “Timbuktu” gesing het.

Die twee se verwerking van dié liedjie is het blitsig na afloop van die derde episode van Die Republiek van Zoid Afrika die topposisie ingeneem.

Die befaamde joernalis, Ruda Landman, was ook Dinsdag ʼn gas op dié program, wat nou in sy vierde seisoen is.

“Dit het byna vier seisoene gevat om vir Ruda en Riana in my sitkamer te kry,” het Karen gesê. “Ruda is ʼn joernalistieke reus en ek is ʼn groot aanhanger van haar, terwyl Riana se natuurlike musikale aanleg en vermoë vir my verbysterend is. Beide van hulle kom van klein dorpies en het die hoogste sport in hulle loopbane bereik – daarvoor het ek die grootste respek.”

Die huidige reeks se musiektreffers sluit in “What he means”, wat Karen saam met Ard Matthews gesing het en Leon Schuster se “Boetebessie Briek Dans”.

Karen en Riana se weergawe van “Timbuktu” kan op iTunes gekoop word.

Karen is Dinsdag ook as beskermvrou van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (W.A.T.) aangestel. Sy het ook die woord “Republiek” gekoop en besit dit nou amptelik.

In volgende week se episode gesels Karen met haar laaste deelnemers van The Voice, Almur Marais van Stilfontein en Thembeka Mnguni van Durban.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Soldoedie ·

Net jammer van die storm wat Ruda laat losbars het op SALVKOL (Leërvrouekollege ) se Facebookblad oor haar verwysings na “Sekretaresses by Sanlam” en dat sy slegs geleer tik en bestuur het in die Leërvrouekolleg. #terleurstellend.

Johann ·

Tydens Chris Brink bewind as rektor van Maties was Ruda mos saam met Brink en andere Afrikaners uit eie geledere teen Afrikaans as onderigtaal, dit was toe sy nog op die raad gedien het.

Denise ·

Ek luister glad nie Karen se musiek nie sy praat te veel engels en afrikaans gelyk op haar program ek kan nie verstaan hoekom mense wat op die kassie verskyn so n mengelmoes wil praat nie !! Afrikaans is so n mooi TAAL hou dit SUIWER!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.