Karen Zoid het Dinsdag vir Koos Kombuis ʼn nuwe jas aangetrek. Die troebadoer maak al vir byna drie dekades musiek en is bekend vir liedjies soos “Lisa se Klavier” en “Bicycle sonder ʼn Slot”.
Koos het “Liefde uit die Oude Doos” in 1995 geskryf en Zoid het opslae gemaak met haar weergawe van dié liedjie wat sy saam met Neil Sandilands opgevoer het. Kind van sonde, kind van troos, kind van liefde uit die oude doos…
Zoid se verwerking van dié treffer het kort nadat dit opgevoer is op Die Republiek van Zoid-Afrika die topposisie op die iTunes-trefferlys ingeneem en haar en Neil se weergawe van “Liefde uit die Oude Doos” is op iTunes beskikbaar.
Vandeesweek het Zoid Antoinette Kellerman en Christia Visser naas Neil Sandilands in die ateljee verwelkom.
In volgende week se episode, op 6 Desember, kom kuier die rugbyspeler Christo Wiese, Nicholis Louw en Jan-Hendrik van der Westhuizen by President Karen in die republiek.
Republiek van Zoid-Afrika word Dinsdae, 20:30, op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.
Sal graag hierdie weergawe wil hoor.
Is Koos ‘n trabadoer of troebadoer?
Ek sal graag wil weet waarom sy so prominensie hier kry, het sy hier ‘n groot gevolg? Dit word tog so volhard, daarmee.
Ja Jan sy het.
Charmaine, hier op MM?
Erfgeld is swerfgeld.
Jan, wie het wat geerf? Dog dit gaan oor muskie?HUH?