Video: ‘Op die spel’ terug vir nuwe seisoen

Rian van Heerden (Foto: Verskaf)

Rian van Heerden (Foto: Verskaf)

Die tweede seisoen van kykNET se gewilde speletjiesprogram Op die spel skop op Maandag 9 Januarie af.

Dié seisoen met nuwe vrae wat wetenswaardighede oor Afrikaanse spelling, woorde en idiome toets, word weer aangebied deur Rian van Heerden. Die Afrikaanse taalkenner, prof. Gerhard van Huyssteen, swaai weer die septer oor wie se antwoorde reg en verkeerd is.

Vir vier deelnemers is daar elke week sakke vol geld en prestige “op die spel”.

Die nuwe reeks se formaat volg dié van die vorige seisoen, maar ’n belangrike verandering is dat daar dié keer nie ’n ouderdomsperk vir deelnemers is nie.

Prof. Gerhard van Huyssteen (Foto: Verskaf)

Prof. Gerhard van Huyssteen (Foto: Verskaf)

“Daar word die afgelope paar jaar al prettige spelkompetisies vir skoolkinders aangebied, waar onder die Sanlam WOW-spelfees en die ATKV-spelathon. As jy sien hoe die kinders kan spel, hang jou mond oop,” het Van Huyssteen oor dié besluit gesê.

Skoolkinders wys hul staal in minstens vier van die episodes in die nuwe seisoen.

Die nuwe seisoen skop af met vier bekendes wat hul spelvaardighede wys: Tracey Lange, Lizz Meiring, Elma Smit en Willem Botha. Alle wengeld in dié episode word aan die Teaterbystandsfonds geskenk.

Op die spel word op Maandae om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johanna Botha ·

Eintlik BAIE gewild …dis hoekom daar nog n reeks is ….welgedaan !

Jul al agtergekom oor Rian? ·

Het julle wat jacaranda luister agtergekom dat Rian die laaste tyd skielik ophou het om Christenne en Afrikaners te bespot? Dalk omdat hy besef het dis ons wat sy salaris betaal?

Jamie ·

‘n Mens wou aanneem dat op 9 Januarie 2017 die vraag oor goeie Afrikaanse plaasvervangers vir die alewige “great”, in die program ingewerk was om sommer kykers ordentlike taal te leer gebruik. Tog gaan die aanbieder dan heen en praat van “nice” en “amazing” ens. Dit is soos sand tussen ‘n mens se tande.

Herculaas ·

Ek kyk niks waar Rian by betrokke is nie. Hy is ons vyand.

Alta Schutte ·

Ek kyk dit nie…Ek hou van korrekte spelling…maar nee dankie, Rian is nie die regte persoon om dit aan te bied nie. Sou gekyk het as dit ‘n beter aanbieder gehad het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.