Video: Radio Raps net betyds op ShowMax vir die vakansietyd

Radio Raps (Foto: Verskaf)

Radio Raps (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Dié kêrel is nie op sy bek geval nie en sy praktiese raad lok duisende YouTube-kykers wat skater vir sy kwinkslae. As jy nie meer langer vir Jonathan van Radio Raps se fliek kan wag nie, kan jy solank sy lewendige optredes in Life 101 en Life 201 op ShowMax kyk.

Jonathan – Die movie, die volgende stap in die YouTube-ster se loopbaan, word in Desember in fliekteaters uitgereik, maar jy kan solank opwarm vir dié groot gebeurtenis deur die volledige reeks van Radio Raps op ShowMax te kyk.

Dié DVD’s bevat al sy wyshede en kwinkslae, reguit uit die perd se bek. Sy basiese lewenslesse sal jou uithelp en as jy soms bietjie vergeet hoe om te lewe of oorleef, sal Life 101 en Life 201 jou vinnig herinner.

Sy raad is maklik: solank jy niks te ernstig opneem nie en onthou om nou en dan te lag, sal als oukei wees, oukei?

Benewens dié flieks is daar ook derduisende episodes van reekse om te kyk en geniet, waar en wanneer dit jou pas. Nou kan jy na jou gunsteling-programme op enige rekenaar, slimfoon, tablet en slim-TV kyk.

ShowMax kos R99 per maand in Suid-Afrika en $8,99 vir kykers buite Suid-Afrika.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis sewe dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.