[Video] Roerende oomblik toe ‘7de Laan’-span Paula groet

Diaan Lawrenson (Foto: Facebook)

Diaan Lawrenson (Foto: Facebook)

Die gewilde sepie 7de Laan, het Donderdagoggend ʼn video op sy amptelike Facebook-blad gedeel waarin mede-akteurs en die produksiespan die aktrise Diaan Lawrenson tydens haar laaste verfilming as hoofkarakter verras het met ʼn afskeidspartytjie.

Trane het behoorlik geloop toe akteurs soos Mimi Mahlasela, Christo Davids, Melanie du Bois, Theodre Jantjies en Corné Crous die aktrise gegroet het.

Diaan is welbekend vir haar karakter, Paula van der Lecq, in die sepie.

Diaan het in April vanjaar aangekondig dat sy die sepie as hoofkarakter verlaat om saam met haar man, Jody Abrahams, en twee kinders, Olivia en Thomas, na die Kaap te verhuis.

Sy het ook ʼn rol as lektrise aan die Afdra-rolprentskool aanvaar en gaan haar toespits op haar meestersgraad in televisie en teater.

Diaan gaan egter glo steeds verskynings, maar tot mindere mate, in die sepie maak.

Ander akteurs wat onlangs ook aangekondig het dat hulle die sepie verlaat, is Melanie du Bois as die modeontwerper Felicity, Masego Sehoole wat die rol van Pulane vertolk het, Jo da Silva as Gita, Christo Davids as Errol, Corné Crous as Kim en Anelisa Phewa as Sifiso.

Indien jy nie die onderstaande video kan sien nie, besoek gerus  7de Laan se Facebook-blad.

Kyk hier hoe 7de Laan vir Diaan Lawrenson Actress gegroet het met haar laaste dag op stel.This is how 7de Laan (Amptelik) said goodbye to Diaan Lawrenson on her last day on set. #Setlife

Posted by 7de Laan (Amptelik) on Thursday, July 21, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

marianne ·

Diaan sterkte op jou pad voorentoe…
Jou karakter Paula was soms ‘n kramp.
Gelukkig is sy net ‘n karakter.

Wenner ·

Ag nee dammit en daar loop die trane wragtag toe ek die video kyk! Jinne, dat die sepiekarakters so diep in n mens se hart kan inkruip! Diaan, ek GUN jou die gehaltetyd saam met jou man en kinders, maar ons gaan jou MIS in 7de Laan

ruan ·

Hoe sou Paula dit stel???
7de Laan is so banaal en voorspelbaar!
Dis hoog tyd daar word nuwe karakters ingeskryf.
Chriso you Errol wat nou die Regiseur is moet die Laan reg ruk.
Ek kyk dit net omdat dit nog bietjie Afrikaans is….
Ek wonder net of 7de Laan soos Isidingo look heel hmmm anders gaan draai….. van Hillside Na Horizon Deep?????

Theresa ·

Wat jy hier wonder, sien ek al geruime tyd gebeur. Dis vreeslik jammer, want 7e Laan was ‘n geliefde sepie. Dit het egter van inhoud en karakter baie verander. Die klomp mense wat stelselmatig uitbeweeg, maak dit ‘n vreemdheid. Regtig ‘n verlies.

Retha ·

7de laan is nie 7de laan sonder PAULA nie!!!!!! DIAAN jy het ons klaar laat tjank… let wel ek moes braaf bly en trane sluk… en nou is jy weg….. die leemte sal altyd daar wees. Ons gaan jou geweldig mis. Kom kuier, sommer by my huis!!!

Rina Kotze ·

7de Laan sal nooit weer wees soos aan die begin nie. Almal was gaande daaroor, huise het tot stilstand gekom vir ‘n halfuur. Eers net Dinsdae en Woensdae …..

Ongelukkig speel politiek weereens ‘n rol wat aan ‘n wenresep kom torring het en die resultaat:
‘n Plat, verbrande koek wat niemand eers wil na kyk nie ….

Ek kyk dit lankal al nie meer nie. ek neem ook nie die akteurs wat die Laan verlaat, kwalik nie!

Ek-vra-maar-net ·

Is daar hoegenaamd enigiemand iewers in ons land wat nog steeds na hierdie snert kyk?!

Wiebo ·

7e Laan sal nooit weer dieselfde wees sonder Gita en Paula nie. Kykers getalle gaan drasties verminder, kyk maar………………….

Wat-ek-lees ·

Maak dit nou regtig saak? Ek vind dat Kyknet ook nou ‘n klomp sepies het wat werklik irriterent is.

Ouma mix ·

Ja en so gaan almal uit die laan uit wat iets werd was en net die ou clawn bly oor of die onossel ou man wat dink hys n nar met sy ou tannie

Riana van Heerden ·

Dit is so hartseer, enigste een wat kan gaan is Gita, die res nie, voel of dit nou net nuwe mense in 7de laan is. Gaan Paula en Altie baie mis! Was baie hartseer die laaste ruk met almal wat uitgaan en alles waardeur Paula moes gaan. Alles wat vir jou mooi is Diaan, hoop ons sien jou sommer gou weer op die kleinskerm.

Alet ·

NEE PAULATJIE! Jy is al een vir wie ek nog gekyk het in die Traan!!!!!

Elisbie ·

Jammer dat iets wat baie mense geniet het ook in die slag Bly vir politiek.

Joann ·

Paula se rol was by tye erg ireterend maar sy is n goeie aktrise. 7de Laan het verkleur asof daar nie genoeg programme vir ander kleuriges is nie.

Gesiggie ·

Ja nee… glo my ek ook lekker saam almal gehuil, ou Paula weet net hoe.. met haat Toedels” laaste groet… ai ek was so hartseer vir Aggie se part en dat dinge met haar en die baba nie uitgewerk het nie… 7de Laan sal beslis leeg wees sonder haar, en ou Gitta wat daar aangaan ?? sy Act goed” vir my is dit ook baie hartseer dat Days of our Lives klaar gemaak het ek volg die sepie al van 1991 af ?? ek dink nie hul moes dit afhaal?? (^_^)

7de laan ·

Ai 7de laan was nog altyd simple, goeie tyd wat gemors word. Wie kyk nog na sulke snert of selfs tv??

Hester ·

Totsiens Paula mag jy beter rolle kry.Ek kyk al lankal nie meer 7 deLaan nie.Vroeer was dit ñ sepie vir oud en jonk.Gesins vermaak.Nou net geweld en nie meer die moeite werk om te kyk nie.Miskien moet 7deLaan ook nou groet,noudat soveel ouer akteurs groet.

Estelle Haasbroek ·

Diaan is n goeie aktrize. Kyk lankal nie meer 7 de Lana. Ook vies dat tyd glued geskuif het. Nuus Moet 7 nm wees. Noe kyk ons niks

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.