Video: ‘Seepglad’ ook nou op ShowMax

Seepglad op ShowMax (Foto: Verskaf)

Seepglad op ShowMax (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Jy het nou al die verskeie wêrelde en die intriges van sepie-karakters leer ken, maar nou gee kykNET se nuwe sitkom, Seepglad, jou die geleentheid om die wêreld agter die skerms van ’n gewilde sepie te leer ken. Seepglad is ook nou op ShowMax beskikbaar.

Die storielyn van Seepglad handel oor die skrywers, vervaardigers en produksiespan wat sorg dat die geliefde sepie Tot tyd en wyl elke dag soos klokslag op die kassie is om kykers te vermaak.

Louise (Lorraine Burger) is die hoofskrywer van Tot tyd en wyl en ’n enkelma van twee seuns, Lukas en Ben.

Daar is verskeie ander karakters wat ook aan die sepie werk:  die vervaardiger Boet (vertolk deur Dirk Scholtz) wat eintlik net wil gholf speel en al die werk aan die skrywers oorlaat; die medevervaardiger Tertia (Tanya Schoonraad), gedrewe en taakgerig, en tot die groot frustrasie van die skryfspan trots op die feit dat sy nie kreatief is nie.

Lindi Stander en Pierre Breytenbach speel Louise se medeskrywers Melanie en Willem.  Melanie is ’n taal-nazi wat die sepie met haar hele hart liefhet. Omdat sy in die werklike lewe na haar bejaarde ma omsien, leef sy al haar fantasieë deur die sepie uit, en raak sommer bewoë wanneer sy daarna kyk. Willem is ’n akteur wat dit nie “gemaak” het nie – hy is kreatief maar verbitterd omdat hy ’n sepie moet skryf.

Verder is daar Frank , vertolk deur Anrich Herbst, wat die plaaslike kroeg besit waar al die karakters ná ’n mal dag stoom afblaas.

Met só ’n span maltrappe agter die skerms, is die fiktiewe sepie Tot tyd en wyl pure pret! Daar’s gek storielyne en bieliedramas wat jou sal laat krul van die lag. Die karakters in Seepglad gaan sommer vinnig diep in jou hart klim – en jy gaan van nou af met ander oë na jou gunstelingsepies kyk!

Let wel: Dié aanbod is net beskikbaar vir Expat/Diaspora-gebruikers. ShowMax kos $8,99 vir kykers buite Suid-Afrika.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis 14 dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SP ·

Ongelooflik dat die vervaardigers so n uiters swak reeks aan ons opdis. Ek kry die akteurs so jammer dat hulle aan so n swak produksie blootgestel word.

m ·

Hierdie is die swakste reeks wat ek in jare gesien het. Super common!!

Gerrit ·

Kan nie glo dat volwasse mense sulke snert kan opdis en nog verwag ons moet daarna kyk nie. VERWYDER ASSEBLIEF EN WYS LIEWERS WEER MOLLY EN WORS!!!!

Boela ·

Het so 5 minute van die eerste episode gekyk en toe na iets anders oorgeskakel. Absolute snert! Daar was nie sedert Orkney Snork nie ‘n rêrig snaakse Afrikaanse komediereeks op T V nie.

Ilze ·

Deur net die advertensie te sien van dit wat kom het my afgesit. Dit laat gesoute akteurs lyk soos eerstejaars wat pas drama begin swot het.

Ano ·

Die advertensies vir die reeks was om die minste te se “Hair raising” Het nie eers probeer daarna kyk nie. Hoe op dees aarde kan sulke goeie akteurs en aktrises hulle name koppel aan sulke gemors?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.