[Video] Storie van Anglo-Boereoorlog word vertel in nuwe fliek

Die fliek Modder en Bloed vertel die verhaal van 'n man wat sy kind en vrou in die Anglo-Boereoorlog verloor. Foto: Verskaf

Die fliek Modder en Bloed vertel die verhaal van ‘n man wat sy kind en vrou in die Anglo-Boereoorlog verloor. Foto: Verskaf

Modder en Bloed vertel die boeiende verhaal van Willem Morkel (Stian Bam) ná sy vrou en kind in die Anglo-Boereoorlog in 1901 vermoor is.

Ná die moord op sy vrou en kind in Suid-Afrika word Morkel verban na St. Helena waar hy saam met ander boere gevange gehou word. Tydens die gevangenskap is daar geen genade vir hulle nie en hulle leef in haglike omstandighede. Hoewel elke dag ’n stryd om oorlewing word, moedig dit kameraadskap onder die gevangenes aan wat hulle so heg soos ’n familie maak.

In die fliek is kolonel Swannell (Grant Swanby), ’n man met ’n diepgewortelde haat vir die Afrikaner, in beheer van die konsentrasiekamp. Dit is teen hom wat Morkel ’n uitdaging aanvaar wat lei tot die belangrikste stryd van die Boere se lewe.

“Dit is baie selde dat ’n mens die geleentheid kry om ’n rol soos hierdie te speel en van ’n film soos hierdie deel kan wees. Ek het geen oomblik getwyfel toe Sean my gevra het om die rol van Willem te speel nie,” het Stian Bam gesê.

Ander akteurs soos Deon Lotz, Edwin van der Walt, Albert Maritz, Altus Theart, Jacques Bessenger, Bok van Blerk, Michael Richard en David Louw maak ook hul verskyning in die film. Britse akteurs soos Charlotte Salt (Katherine Sterndale), Patrick Connolly, Nick Cornwall en Josh Myers is ook in die fliek te sien.

Kyk die lokprent vir die fliek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anna ·

dit sal dalk n paar skepsels iets van geskiedenis leer. veral die wat die oorlog se naam wil verander. dalk snap hulle dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.