Ruan Wessels, bekend vir sy rol as Morné in die kykNET-sepie Binnelanders én Marko in die tienerfliek Jou Romeo, verklap in dié insetsel hoe hy graag voorberei vir ʼn rol en skerts oor die langer haardos wat hy deesdae verkies.
In die videoreeks, “Sukses” met Bennie en Bouwer, voer die akteurs Bennie Fourie en Bouwer Bosch tong-in-die-kies-onderhoude met Afrikaanse bekendes om voorbrand te maak vir die aksie-komediefliek Vuil wasgoed. Dié fliek het opslae gemaak tydens die 2014 Silwerskermfees. Dit is ontwikkel tot ʼn vollengtefliek en word op 8 Desember in teaters landwyd vrygestel.
“Ons gesels met suksesvolle mense oor die sukses in hulle lewe en hoe hulle dit bereik het,” skerts hulle op die video.
Die videoreeks is vervaardig in samewerking met Laeveld Agrochem.
Kyk hier na die insetsel met Ruan Wessels.