Video: Suzelle DIY resenseer haar gunsteling-TV-reekse

Mens kan jou dit byna voorstel: Suzelle en Marianne in hul japonne en pantoffels met ʼn baksel melktertjies en droëwors – gereed vir ʼn vraatkyksessie! Maar waarna kyk dié maltrap wanneer sy nie haar bekende “braai-pie” maak nie? Suzelle resenseer in dié video van haar gunsteling-TV-reekse en daar is waarskynlik ʼn paar wat jy nog nie gesien het nie.

Sy komplimenteer selfs Tali Babes van Tali’s Wedding Diary. Die twee moes ʼn tweeling gewees het – hulle lyk byna soos dieselfde persoon!

Hier is Suzelle DIY se gunstelingreekse:

Younger

 

Eerste op Suzelle se lys is Younger, vervaardig deur Darren Star, wat ook Sex and the City na die kassie gebring het. Dis ʼn romantiese komedie oor ʼn 40-jarige enkelma wat voorgee om ʼn 26-jarige vrou te wees sodat sy by ʼn uitgewersmaatskappy kan werk. Lag lekker saam! Kyk die reeks nou op Showmax.

Taboo

 

Rof en grof! Hierdie periodedrama speel af in die 1800’s. Tom Hardy is James Delaney, ʼn gevaarlike en kragtige tipe sjamaan wat na Londen terugkeer om ʼn skeepsryk te bou en sy pa se afsterwe te wreek. Kyk die reeks nou op Showmax.

Room 104

 

In dié reeks gebeur eienaardige en vreemde dinge in ʼn motelkamer. Elke episode is ʼn nuwe verhaal en nes jy dink jy weet wat aangaan, is daar ʼn kinkel in die kabel. Kyk die reeks nou op Showmax.

Boer Soek ʼn Vrou

 

Minki van der Westhuizen is terug in seisoen 10 en die boere staan gereed om dalk die liefde van hul lewe te ontmoet. Kyk die reeks nou op Showmax.

Tali’s Wedding Diary: Showmax Original

 

Jy ken Julia Anastasopoulos beter as Suzelle DIY, maar haar nuwe karakter, Tali, is heeltemal anders. Tali is ʼn selfbehepte Sandton-prinses (Julia) wat na Kaapstad verhuis om met die man van haar drome, Darren (gespeel deur YouTube-ster Anton Taylor), te trou. Dit is ʼn uitstekende plaaslike reeks – baie goed vervaardig en lagwekkend! Kyk die reeks nou op Showmax.

Jy kan al dié programme nou op Showmax kyk danksy ʼn GRATIS 14-dae proeflopie.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reekse is nou beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.