[Video] TBF: ‘Ek slaan nou nog in ʼn koue sweet uit,’ lag Pedro Kruger

PedroKruger.jpg

Pedro Kruger.

“Ek moes een Oukersaand, al die pad Suid-Afrika toe op ʼn bus terug van Namibië, na Boney M se Kersmusiek luister. Nou nog, wanneer ek dit hoor, slaan ek in ʼn koue sweet uit,” skerts Pedro Kruger.

Daar is geen perke aan Pedro se talente nie. Hy hou nie net sy lyf musikant, storieverteller en verhoogakteur nie, maar was ook te sien in kykNET se televisiereekse Liefste Kayla en Die Boland Moorde. Hy is ook bekend vir sy rol in Proesstraat.

Al jou gunsteling Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tussen 1 en 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.