[Video] TBF: Kersvader help met sy kinders se geskenke, skerts Hennie

Hennie-Jacobs

Hennie Jacobs. Foto: www.henniejacobs.co.za

“Kerstyd is familietyd, gesinstyd,” vertel Hennie Jacobs, beter bekend as Diederik Greyling in die SABC2-sepie 7de Laan. “Ons mag mekaar net liefhê.”

“Ek glo in Kersvader. Hy help my elke jaar met die kinders se geskenke,” voeg hy laggend by.

Hennie is nie net ʼn bekende gesig op die kassie nie. Hy het ook talle verhoogproduksies agter sy naam waar hy nie net sy skoene as akteur volstaan nie, maar ook as regisseur. Hy het ook die rol van Deon vertolk in die 2007-rolprent Poena is koning. Hennie is ook ʼn talentvolle sanger en liedjieskrywer en het selfs  ʼn paar CD’s sedert 2006 uitgebring.

Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.