“My honde is absoluut my kinders in die huis, dus gee ek vir hulle alles wat hulle wil hê,” vertel Hannes van Wyk, bekende akteur en televisieaanbieder.
“Ek beplan ons Kersete lank voor die tyd ,” vertel hy opgewonde verder. “Dis gammon en skaapboud en hoender wat ek saam met hulle gaan eet,” sê hy laggend.
Hannes is tans die aanbieder van die kykNET-joernaalprogramme Bravo! en Kwêla. Sy akteursrolle sluit onder meer Manakwalanders en Torings in en hy is veral bekend vir sy rol as Krynauw du Buisson in Egoli: plek van goud. Hy het ook sy staal gewys as vervaardiger van die 2013-kortfilm Die Bach-motief.
Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!
Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.