[Video] TBF: Nie geld of naskeermiddel nie, vra ‘Suidooster’-sterre

Marco-Spaumer

Marco Spaumer. Foto: Facebook

“Ek wil nie geld as Kersgeskenk hê nie,” sê Marco Spaumer, wat die rol van Tim vertolk in die nuwe kykNET-sepie Suidooster.

“Dit hoef nie die duurste geskenk te wees nie, solank dit in ʼn pakkie kom of toegedraai is,” verduidelik hy. “Dis die moeite en liefde wat in ʼn pakkie ingaan wat ek graag wil hê.”

Cedwyn Joel vertolk teenoor Marco die rol van AB Samsodien. Wat wil hy nié die jaar in sy Kerskous kry nie? “Net nie ‘aftershave’ nie, asseblief,” lag hy.

Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat nie net in die Kaap afspeel nie, maar ook daar verfilm is.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.