[Video] TBF: ‘Reis Kaap toe vir honde,’ droom Shemane

Shemane-Harris

Shemane Harris. Foto: Facebook

“As ek vir my honde ʼn Kersgeskenk kan gee, sou dit ʼn trip Kaap toe wees,” vertel aanbieder Shemane Harris. “Dan kan hulle sommer lekker deur die Karoo-vlaktes ook hardloop.”

“Ek sal hulle wys hoe lyk ʼn skaap, want hulle is mal oor ʼn lamstjoppie,” droom sy verder.

Shemane is bekend as die gasaanbieder op kykNET se joernaalprogram Kwêla. Sy is ook ʼn baie talentvolle stemkunstenaar en radio-omroeper. Sy hou ook haar lyf aktrise en is meer onlangs gesien as Fatima Februarie in Die munisipaliteit van Gwarra Gwarra, ook op kykNET.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tot 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek gerus hier om die Teaterbystandsfonds te steun.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.