[Video] TBF: ‘Skenk ons ʼn helder Somerkersfees,’ sing Karen Wessels  

Karen-Wessels.jpg

Karen Wessels. Foto: sarie.com

Karen Wessels, bekende aktrise en sangeres, is duidelik versot op haar twee hondekinders, Saartjie en Pieter. Sy het met hulle in haar arms ʼn kort a capella-stukkie van Somerkersfees deur Koos du Plessis vir Maroela Media op video vasgevang.

Karen was deel van die sanggroep Cutt Glass en is ook bekend vir haar televisierolle as Hester in Hester en Ester Bester en sy was ook deel van Casper de Vries se Die Casper Rasper Show.

Al jou gunsteling Suid-Afrikaanse bekendes gaan jou tussen 1 en 24 Desember hier op Maroela Media ʼn geseënde Kersfees kom toewens, ter ondersteuning van die Teaterbystandsfonds. Hou ons dop!

Kliek hier om die fonds te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.