[Video] ‘The Voice SA 2’: Kykers gaande oor oud-Puk

Marco Basson, ʼn voormalige chemiese ingenieurswese-student aan die Noordwes-Universiteit (Foto: 'n Skermskoot uit die video)

Marco Basson, ʼn voormalige chemiese ingenieurswese-student aan die Noordwes-Universiteit (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

Die tweede seisoen van die gewilde werklikheidsreeks The Voice South Africa is in volle swang en dié reeks met Bobby van Jaarsveld, Karen Zoid, Kahn Morbee en Lira in die bekende rooi stoele beloof om vanjaar selfs meer sterre op te lewer.

Die tweede seisoen van die reeks het op 29 Januarie op M-Net, DStv-kanaal 101, afgeskop.

Oudisies vir die program is reeds einde verlede jaar voltooi nadat dit in Oktober begin is.

M-Net het in ʼn verklaring gesê dié reeks het steeds net een doel voor oë: Om ongelooflike talent in Suid-Afrika uit te soek en diegene met dié talent ʼn platform te gee om aan hul loopbane in die musiekbedryf te bou.

Die bekende afrigters in die program het reeds ʼn paar sangers bymekaargemaak nadat die sogenaamde “blinde-oudisies”, waar die beoordelaars met hul rûe na die sanger sit wat ʼn oudisie aflê, begin het.

Die reeks geskied in drie dele. Die eerste sewe episodes is die sogenaamde “blinde oudisies” waarna die slagrondes om deelnemers weekliks uit te stem gaan plaasvind. Die eindrondes gaan regstreeks uitgesaai word en die publiek kry die geleentheid om te kan stem.

Bobby het vandeesweek geskiedenis gemaak toe die vierde agtereenvolgende sanger ná ʼn blinde-oudisie by sy groep aangesluit het.

Beoordelaars van The Voice SA (Foto: Verskaf)

Beoordelaars van The Voice SA (Foto: Verskaf)

Kykers was veral beïndruk met Marco Basson, ʼn voormalige chemiese ingenieurswese-student aan die Noordwes-Universiteit, wat daarin kon slaag om al vier die beoordelaars se stoele om te draai met sy weergawe van Nick Jonas se liedjie “Jealous”. Dit gebeur selde dat al vier die beoordelaars vir ʼn sanger die groen lig gee.

The Voice was ʼn treffer in die VSA, Australië en Engeland waar bekendes soos Adam Levine, Blake Sheldon, Christina Aguilera, Shakira, Pharrell Williams, Kylie Minogue en Ricky Martin in die beroemde rooi stoele ingeskuif het.

Die vorige seisoen van dié reeks het ook verskeie inspirerende musieklegendes as gaste op die verhoog verwelkom, onder wie die Grammy-wenners Ladysmith Black Mambazo.

The Voice SA word op Sondae om 17:30 op M-Net uitgesaai. ʼn Herhaling is om Maandae 18:00 ook op M-Net te sien.

Vir  meer inligting, besoek M-Net se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Uvonka ·

You go Marco, jou oudisise was briljant en jy is defnitief een van my gunstelinge.

LB S ·

Vir my is hy dusver die enigste een wat potensiaal toon om end uit te gaan. Voorspoed Marco!

adrie Hoffmann ·

Trots om te sê dis familie – baie sterkte en mag dit net goed gaan.

elmarie fuller ·

Marco

Ons twee Fullers is trots op jou. Jy is al van lankal af ń rolmodel vir baie meer jongmense as wat jy dink.

Om jou jaarliks by Suzette Wilkens se Lentekonsert te kan sien, is ń hoogtepunt op my en Warren en erg baie Volkies-onnies se kalender-prioriteitslys.

Sterkte en hou aan mooi maak met jou stem en jou karakter.

Strongs en seën!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.