Video: TV-boer vra ja-woord oor die radio

Gerrie en Carna. Foto: Facebook

Gerrie en Carna. Foto: Facebook

Gerrie Rossouw (30), ʼn Vrystaatse boer wat aan die mees onlangse reeks van kykNET se Boer Soek ʼn Vrou-realiteitsprogram deelgeneem het, het sy TV-liefde Carna van Wyk (22) oor die radio om haar hand gevra.

kykNET het op sy webtuiste gesê daar is destyds vir Gerrie ʼn onderhoud op OFM gereël toe hulle na dames gesoek het om in te skryf vir die reeks. Carna, ʼn student van Ventersburg, het die onderhoud op die radio gehoor en besluit om in te skryf. Gerrie het intussen weer vir OFM gekontak en vertel van sy planne om vir Carna die ja-woord te vra.

Die video volg na die foto’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elize ·

Ek is sooooo bly vir julle! Baie geluk… Ons het van die begin ag gewens jy kies vir Carna. Maar waar ons die lekkerste gelag het, was jul by Langenbaan toe sy so bietjie oor die engels gestuikel het. Sterkte julle twee!!!

Bruno Stef ·

Geluk julle is twee pragtige Afrikaner kinders en voorspoed op julle pad vorentoe.Dit maak n mens net hartseer as n mens na julle geluk kyk en verder verlang na jou eie kleinkinders in Australie.

Ina ·

Baie geluk! Jul was van die begin die oulikste paartjie ….. spesiaal vir mekaar bedoel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.