Video: VSA sanger reageer ná duet op SA program

Bobby van Jaarsveld, Demi Lee Moore en Monique Steyn luister wat die kennerspaneel te sê gehad het na hul duet.

Die gewilde Amerikaanse countrysanger, Cam, het gereageer nadat haar liedjie, “Diane”, op die Suid-Afrikaanse TV-reeks, Die Kontrak, gesing is.

Demi Lee Moore het die liedjie tydens verlede week se aflewering saam met haar mentor Monique Steyn gesing. Die kennerspaneel wat bestaan uit die sangers, Theuns Jordaan en Corlea Botha, asook Barry Pretorius, die regisseur van die Afrikaans is Groot-megakonserte, was mal oor die weergawe.

ʼn Twiet oor die duet het ook onder Cam se aandag gekom waarna sy ʼn skakel daarna gedeel en geskryf het: “Diane has made it to South Africa. My heart just exploded.”

Cam. Foto: Twitter

Demi Lee was ook uit haar vel nadat sy gesien het Cam het na haar en Monique se weergawe geluister. “My hart wil bars. Ek wil uit my nate spring. Wat ʼn absolute eer om raakgesien te word deur een van my grootste inspirasies, ʼn country-rolmodel.” Demi Lee het gesê dit was ʼn absolute eer om die liedjie te kon sing.

Demi Lee is een van Die Kontrak se topdrie deelnemers. Sy, Deidré Barnard en Ivan Roux sal Woensdagaand sake uitspook vir ʼn plek in die finaal. Die wenner sal op 23 November tydens Afrikaans is Groot 2018 by die Sun Arena in Pretoria aangekondig word en ʼn kontrak ter waarde van R1 miljoen met Coleske Artists losslaan.

Die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld is die aanbieders. Die Kontrak word elke Woensdag om 20:00 uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 18:00, op VIA, DStv-kanaal 147.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

K ·

Nogsteeds n swak program. Die media is hopeloos te verlief op dié familie. Nuwe Pistoriuse’ ?

Magda ·

K.. dit is n UITSTEKENDE program.Dit gaan oor die deelnemers en hul talente, nie die aanbieders nie.

Sanna ·

Hulle 2 mag maar saam sing. Hulle weergawe is vir my beter as die oorspronklike van Cam.

Biltong ·

Jy het beslis nog nooit vir Cam hoor sing nie, ou sanna!!

Alicia ·

Dankie Maroela! Ek het hoendervleis gekry met die optrede. Was ‘n lekker bederf om vandag weer na die uittreksel te kon kyk en luister.

AmY ·

Demi Lee is my gunsteling. Sy is baie mooi, en sy sing net so mooi. Sy het die hele ‘pakket.’ Die X-faktor.

Hendrik ·

Nog ‘n rokkie, bokkie, sokkie liedjie, net in Afrikaans. Wat het van die pragtige luisterliedjies van Koos Dup, Jannie du Toit, Coenie de Villiers, Laurika Rauch en ander geword? Is daar nie meer nuwe talent nie?

MCS ·

Weer besef daar is van ons kunstenaars wat wereld klas formaat is. Hoef nie agteruit te staan vir Nashville . Juanita is tops.Monique uitstekend. Theuns Jordaan lyk of hy dit baie geniet.

Lee Randburg ·

Demi Lee Moore se weergawe van Freddie Mercury se Somebody to love was hoendervleis mooi!! Pragtig!

Ben ·

Pragtige duet, die sangers se stemme is amper identies. Fantasties.

chellie ·

Baie beter program as idols -hier kan hul almla sing en verbaas mens weekliks
Ek moet se die beoordeling is ook van top gehalte nes die deelnemers
Demi is fantasties goed en op die regte ouderdom MAKE HER A WINNER

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.