[Video] Wie is dié Kokkedoortjie?

Kokkedoortjie (Foto: kyknet.dstv.com)

kykNET se splinternuwe werklikheidsreeks Kokkedoortjie skop Woensdagaand amptelik om 20:00 af en die vervaardigers beloof dié jong kokke gaan die land in vervoering hê.

Die reeks gaan tien jong deelnemers, tussen die ouderdomme van 9 en 13 jaar, se kookvaardighede op die proef stel.

In die eerste episode van Kokkedoortjie word die deelnemers aan kykers voorgestel en niemand gaan huis toe nie.

Die deelnemers in die program kom van oor die hele Suid-Afrika, onder meer Centurion in Gauteng, Daniëlskuil in die Noord-Kaap en Worcester in die Wes-Kaap.

Die beoordelaars van die reeks is Nic van Wyk en Mari-Louis Guy, wat onderskeidelik ook in Kokkedoor en Koekedoor oor deelnemers se lot besluit het.

Die reeks bestaan uit 13 episodes en elke episode is ’n halfuur lank. Die program word vervaardig deur Homebrew Films.

Hou Maroela Media gerus dop om weekliks op hoogte van Kokkedoortjie te bly.

Kyk die heel eerste episode van #Kokkedoortjie nóú – eerste en eksklusief – op die kykNET-webblad! Dié opwindende nuwe reeks begin Woensdag om 20:00 op kykNET.

Posted by kykNET on Sunday, April 2, 2017

Kyk ook die video op kykNET se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mien ·

Kon nie glo hoe vaardig kinders kan wees met kosmaak nie. Het die soortgelyke Junior Masterchef programme gekyk. Weet sommer ons Suid-Afrikaanse kinders gaan net so goed vaar en gelukkig OMG hulle nie gedurig soos die Amerikaanse kinders nie. Twee oulike beoordelaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.