Video: Zoid bring hulde aan Johannes Kerkorrel

Karen Zoid, Tobie Cronjé en lede van die Gereformeerde Blues Band (Foto: Facebook)

Karen Zoid, Tobie Cronjé en lede van die Gereformeerde Blues Band (Foto: Facebook)

Die gewilde rock-sangeres en presidentsvrou van die Republiek van Zoid Afrika, Karen Zoid, het Dinsdag hulde aan Johannes Kerkorrel gebring toe sy en die oorblywende lede van die Gereformeerde Blues Band, een van Kerkorrel grootste treffers, “Ons ry ’n BMW”, gesing het.

Die veteraanakteur, Tobie Cronjé, was die ander gas in die sesde episode van die vierde reeks van dié gewilde kletsprogram.

Ander musiekhoogtepunte uit die huidige reeks se musiektreffers sluit in “What he means”, “Boetebessie Briek Dans”, “Timbaktu”, “Vloek van die Kitaar/Thunderstruck” en “Jy soen my nie meer nie”.

“Ons ry ’n BMW” is beskikbaar op iTunes.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.