Video: Zoid en Ard Matthews skop ‘Republiek’ met mening af

Karen Zoid en Ard Matthews (Foto: Verskaf)

Karen Zoid en Ard Matthews (Foto: Verskaf)

Die vierde seisoen van Republiek van Zoid Afrika het op 11 Oktober op kykNET begin en Karen Zoid pryk ná minder as 24 uur reeds bo-aan die Suid-Afrikaanse iTunes-musieklys vir haar en Ard Matthews se verwerking van “What He Means”.

Benewens dié Just Jinger-sanger was die ander gaste in die program die akteurs Christo Davids en Armand Aucamp.

“What He Means” was binne enkele minute in die top-vyf en het Dinsdagaand teen 23:00 die no. 1-posisie ingeneem.

In volgende week se episode, op 18 Oktober, is die komediante Leon Schuster en Nik Rabinowitz Zoid se gaste.

Republiek van Zoid Afrika is Dinsdae om 20:30 op kykNET (DStv kanaal 144) te sien.

Koop “What He Means” op iTunes.

Christo Davids, Armand Aucamp, Ard Matthews en Karen Zoid (Foto Verskaf)

Christo Davids, Armand Aucamp, Ard Matthews en Karen Zoid (Foto Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

thea ·

swak swakker swakste program, gisteraand was bitter swak, swak smaak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.