Video: Zoid en Leon Schuster sing “Boetebessie Briek Dans”

Karen Zoid saam met soos Leon Schuster en Nik Rabinowitz (Foto: Facebook)

Karen Zoid saam met soos Leon Schuster en Nik Rabinowitz (Foto: Facebook)

Die tweede episode van die jongste Republiek van Zoid Afrika-reeks het Dinsdagaand vir gróót pret gesorg met gaste soos Leon Schuster en Nik Rabinowitz.

Schuster se liedjie “Boetebessie Briek Dans”, wat aan die einde van die episode op iTunes beskikbaar gestel is, volg amper weer in die spore van al dié reeks se vorige nommer-1 treffers. Die liedjie kom oorspronklik uit een van sy flieks, You must be joking.

Die tweede en derde seisoen se albums het nou, met die beeldsending van die jongste reeks, opnuut aandag van musiekliefhebbers getrek en is die afgelope tyd weer van die gewildste albums op iTunes.

“Boetebessie Briek Dans” kan op iTunes gekoop word.

In volgende week se episode op 25 Oktober gesels Karen met die befaamde joernalis Ruda Landman en die Afrikaanse sangeres Riana Nel.

Die Republiek van Zoid Afrika word Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Denise ·

Het haar program nog nie gekyk nie en wil ook nie pot twak jammer !!!! stenig my maar. Ek se maar net .

Boertjie ·

Denise, as jy die program nog nie gekyk het nie, hoe sal jy weet of dit ‘n pot twak is, aldan nie? Vra maar net. Of soos almal dit deesdae doen, #VraMaarNet.

Groetnis.

Bruno Stef ·

Leon met al die onrus/geweld en onluste/midadigheid wil jy en jou span nie dalk weer n vredesliedtjie maak soos voor die koms van die nuwe SA in die jare voor 1994 se verkiesing.Dit kan dalk miskien net die nodige kalmte bring.

Liza ·

Ek het Nik verskriklik geniet! Hy het sommer Leon se naam ook gat gemaak! Dit was weereens ‘n goeie episode!

Ronnie ·

Ek stem saam: Nik was skitterend. Leon en Karen se Briekdans was nie vir my goed nie. Maar Karen: jy bly die president van onse Zoid Afrika!

Jaco ·

Die enkellopende vriende kring, ek het nou al jare daaraan behoort en glo my die een is meer vol strooi as die ander een, hulle almal het die een ding ” ek soek daai volmaakte mens ” maar intussen loop hulle met die bybel onder die een arm en die duiwel onder die ander een, as daar een is wat saam stem is jy seker getroud of jou maat en jy kom goed oor die weg. Ons almal maak foute, net party wil opreg kommenikeer en opreg lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.