Video: Zoid en Nicholis Louw maak nóg ʼn treffer

Karen Zoid en Nicholis Louw (Foto: Facebook)

Karen Zoid en Nicholis Louw (Foto: Facebook)

Die Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid het Dinsdag nóg ʼn treffer op haar kerfstok gekry toe sy die liedjie “Teardrop” saam met Nicholis Louw in haar geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika, gesing het.

Saam met Nicholis was die gaste op dié program ook die rugbyspeler Kobus Wiese en die bekroonde sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen.

Die vierde seisoen van Republiek van Zoid Afrika word tans uitgesaai. Musiekhoogtepunte wat reeds in dié seisoen gehoor is, sluit “What He Means”, “Boetebessie Briek Dans”, “Timbuktu”, “Vloek van die kitaar/Thunderstruck”, “Jy soen my nie meer nie” en “Liefde uit die oudedoos” in.

“Teardrop” is beskikbaar op iTunes.

In die episode van 13 Desember besoek Irna van Zyl en Coenie de Villiers die Republiek.

Republiek van Zoid Afrika word op Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.