Video: Bonné de Bod se ‘Bewonder en bewaar’-hoogtepunte

Bonné de Bod saam met dr. Louis van Schalkwyk by ‘n verstrikte wildehond in die Krugerwildtuin. (Foto: Susan Scott)

In ʼn splinternuwe natuurprogram, Bewonder en bewaar, neem die bekroonde televisieaanbieder en vervaardiger Bonné de Bod en regisseur Susan Scott jou saam op reis deur verskeie wildernisgebiede waar hulle die hartklop van natuurkundiges se baanbrekerswerk beleef.

Die program bestaan uit 13 episodes wat op kykNET uitgesaai word en dit is verfilm in die Nasionale Krugerwildtuin, dele van die Namibwoestyn en in die skouspelagtige diep klowe (canyons) van Argentinië.

Bonné de Bod en dr. Emiliano Donadio dra ‘n verdoofde poema in Patagonië. (Foto: Susan Scott)

Maroela Media het in ʼn video-onderhoud met Bonné gesels oor die verfilming van Bewonder en bewaar. Sy deel ʼn paar hoogtepunte en vertel van die dag toe sy die grootste geskrik het.

Wanneer ʼn mens vir Bonné pols oor hoogtepunte van die reeks, besef jy gou dat enigiets oor die natuur vir haar kosbaar is.

As sy wel een hoogtepunt van die reeks moet uitsonder, sal dit haar en Susan se belewenis van ʼn poema in Patagonië wees.

“Ek het nog altyd net gedroom om hierdie dier in die natuur te sien, maar dit is baie raar. Op ʼn skaal van nul tot 10 is dit eintlik maar nul.”

Nog hoogtepunte sluit in haar besoeke aan Emsie Schoeman, wat navorsing oor die bruin hiëna in Namibië doen, en dr. Morné de la Rey, wat in vitro-bevrugting en stamsteltegnologie gebruik om bedreigde spesies te red.

Bewonder en bewaar wys Sondae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Die reeks is ook op DStv Catch Up beskikbaar.

  • Bonné de Bod vertel in hierdie video van die dag tydens die verfilming van Bewonder en bewaar toe sy die grootste geskrik het.
  • In dié video deel Bonné de Bod haar hoogtepunte van die reeks.
  • Bonné de Bod se gunstelingoomblik van Bewonder en bewaar is die ontmoeting met ʼn poema in Patagonië. Kyk dié video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.