Video’s: Die vyf mooiste Kersfeesadvertensies

Meeste maatskappye doen moeite om elke Kersseisoen die beste advertensies te publiseer en hierdie jaar was kykers nie teleurgesteld nie! Waarskuwing: jy gaan dalk snesies nodig hê vir ʼn paar van die advertensies…

 

Ons het almal gewoonlik gesinstradisies wat eg is aan dié besonderse feesgety. Beleef hierdie gesin se tradisies.
Adverteerder: Sky Cinema is die groepsnaam vir die inteken-televisiekanale in die Verenigde Koninkryk en Ierland deur Sky plc.

https://youtu.be/LXYV5CzdOiI

 

Die vreugde van ʼn gedeelde oomblik …
Adverteerder: BBC One is die vlagskip-televisiekanaal van die British Broadcasting Corporation in die Verenigde Koninkryk, Isle of Man en Channel Islands

 

Volg die verhaal van Woody, ʼn babahondjie wat een Kersfees geskenk is. Die advertensie kyk ook na die goedhartigheid van die DBV se personeel.
Adverteerder: Die RSPCA is die Royal Society for the Prevention of Cruelty to Animals, ʼn liefdadigheidsorganisasie wat in Engeland en Wallis dierebeskerming bevorder.

 

Die geliefde Paddington-beer kry ʼn onverwagse besoeker dié Kersfees
Adverteerder: Marks and Spencer is ʼn Britse handelaar met sy hoofkantoor in Westminster, Londen.

 

Vir talle gesinne is hierdie feesgety die eerste Kersfees sonder ʼn geliefde. Kom ons maak seker dat dié gesinne en persone nie alleen is nie.
Adverteerder: Children’s Hospice

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.