[Video’s] Nog ’n ‘Game of Thrones’-lokprent uitgereik

Lena Headey as Cersei Lannister. Foto: HBO via AP)

Game of Thrones-aanhangers moet nog sowat ’n maand lank wag voor hulle die nuwe reeks sal kan kyk en HBO het solank ’n tweede lokprent uitgelek om aanhangers net nog meer opgewonde te maak.

Die sewende reeks van Game of Thrones is van volgende maand af te sien en sal slegs uit sewe episodes bestaan en nie 10 soos met die vorige reekse nie.

Aanhangers gaan egter nog ’n hele ruk moet wag om te weet hoe Game of Thrones gaan eindig, aangesien die laaste reeks eers in 2018 of selfs 2019 verwag word.

M-Net het vroeër bevestig die sewende reeks sal Maandag 17 Julie op M-Net (DStv-kanaal 101) om 03:00 begin, met die spitstyduitsending om 21:30.

Game of Thrones is gegrond op die gewilde boekereeks A Song of Ice and Fire deur George RR Martin en is al met talle Emmy- en Golden Globe-toekennings bekroon.

Hieronder volg die twee lokprente wat HBO van seisoen sewe bekend gestel het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Attie No1 ·

Hoeveel dae nog? Ek hoop hulle maak n “prequel” as die reeks eindig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.