Waar gaan vanjaar se ‘Dorp van die jaar’ wees?

Maak jou dorp se mense die lekkerste gebak? Is dit die een dorp in die land waar jy altyd tuis sal voel as jy in die strate afry? Hoeveel skatte lê versteek in jou gemeenskap? Is julle slaghuis die bes bewaarde geheim in die land? Benoem nou jou gunstelingdorp en staan ʼn kans om met die dorp en die mense daar te spog!

Dit is weer tyd vir Kwêla se gewilde Dorp van die jaar-kompetisie in samewerking met KIA Suid-Afrika.

Verlede jaar is Swakopmund as die agste wenner van die Kwêla Dorp van die jaar-kompetisie aangewys, terwyl Jeffreysbaai in 2018 met die louere weggestap het. Mosselbaai, Mariental, Graaff-Reinet, De Rust, Sabie, Fouriesburg en Middelburg het ook al dié kroon gedra.

Dorpe kan tot 15 Februarie benoem word.

Stuur die naam van die dorp wat jy wil benoem per SMS na 33157 (elke SMS kos R1,50). Daar is geen beperkings op die aantal SMS’e wat gestuur word nie.

Wie kwalifiseer?

Enige dorp in Suid-Afrika of Namibië kan benoem word, mits dit:

  • minder as 500 000 inwoners het en
  • nie ʼn streekswenner in die laaste twee jaar was nie.
  • Wenners van die vorige ses jaar kwalifiseer nie (vanaf 2013-2019)

Streeksuitdunne (waar die publiek weer kan stem vir wie hul streek moet verteenwoordig) word op 1, 8 en 15 Maart op kykNET uitgesaai.

Uit elke streek sal die drie dorpe met die meeste benoemings deurdring na die halfeindronde (op 1, 8 en 15 Maart). Dan kry die publiek vir ʼn week lank elke ronde ’n geleentheid om vir hul gunsteling-dorp te stem. Die ronde laat net 30 SMS’e per nommer toe. Die dorp met die meeste stemme dring deur na die eindronde.

Kwêla sal ’n insetsel op elkeen van die nege finalis-dorpies kom verfilm.

Wanneer al nege dorpe op Kwêla gewys is, sal die publiek van 18:00 op 24 Mei tot 12:00 29 Mei 2019 vir die wendorp kan stem. Die wendorp word sal in Junie aangekondig word.

Soos elke jaar sal die wendorp ʼn heerlike KIA-makietie kry, asook ʼn 45-sekonde advertensie oor die dorp, deur Homebrew Films vervaardig, wat R1 miljoen se lugtyd op kykNET kry.

Kwêla word Sondae om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Namib ·

Swakopmund moes dit NOOIT gewen het nie. Kom kyk maar na die toestand van ons strate, en die algemene afwesigheid van die munisipaliteit.

Anoniem ·

Is daar enige dorpe wat werklik nog n dorp van die jaar kan wees. Ek glo nie dit is net n klug want die mense spring in en kry die plek reg en nadat die toekenning plaas gevind het dan verval alles. Spandeer eerder geld op iets wat werklik saak maak en nog op n eerlike manier gedoen word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.