Wat het regtig met Kebble gebeur? Kyk die fliek nou

Die waarheid is soms vreemder as fiksie. Die storie van Brett Kebble se moord is ʼn ingewikkelde intrige wat Suid-Afrika se mees berugte bendelid verbind met die hoof van die polisie, ʼn miljoenêr-mynmagnaat en die voormalige president van die Republiek.

Die dokumentêr, 204: Getting Away With Murder, wys hoe die berugte bendelid Mikey Schultz, skuld beken dat hy Brett Kebble tydens ʼn bystanddood vermoor het. Hy vertel presies wat gebeur het, wie dit beplan het, en wie daarvoor moes betaal het.

Die omstandighede rondom Brett se moord en waarom hy moes sterf, is ʼn tragiese en bisarre verhaal van hebsug, korrupsie en mag wat byna altyd rondom geld draai.

ʼn Jaar ná die dokumentêr vrygestel is, het Brett se pa, Roger Kebble, sy eie lewe geneem.

Roger praat openhartig in die fliek oor sy verhouding met Brett en ander figure soos die berugte misdaadbaas Glenn Agliotti, wat ook breedvoerig die plan, om Brett te vermoor, bespreek.

ʼn Sakevennoot van een van Brett se moordenaars is vroeër vanjaar in Kensington in Gauteng doodgeskiet. Alhoewel die motief nie bekend is nie, is dit geen geheim nie dat die misdaadkringe in Suid-Afrika straffeloos optree en hoëprofiel polisiebeamptes het bande met misdadigers – soos in die dokumentêr uitgebeeld word.

Hoe om met moord weg te kom

Die titel van die dokumentêr verwys na artikel 204 van die Strafproseswet wat volle vrywaring van vervolging bied in ruil vir ware getuienis. Daarom kan Mikey en sy makkers so openlik vertel hoe hulle Brett vermoor – en hoe hulle drie keer ʼn gemors daarvan gemaak het voor hulle dit uiteindelik reggekry het.

“Waar in die wêreld kan jy iemand skiet en immuniteit daarvoor kry? Kom vertel jou storie in die hof en stap ʼn vry man anderkant uit.” – Mikey Schultz

Dis ʼn storie waar geregtigheid nie geskied nie, en jy sal sien hoe moeilik dit is om die waarheid tussen al die leuens te onderskei.

Die dokumentêr wys hoe Brett en die voormalige polisiekommissaris, Jackie Selebi, deur Agliotti bevriend geraak het. Jy sal ook sien hoe oudpresident Thabo Mbeki opgetree het om Selebi te beskerm en hoe dit alles met Mikey verband hou.

Die dokumentêr wys ook hoe nou sakemagnate betrokke is by die regering en die misdaadwêreld – en dis werklik skrikwekkend.

Kyk 204: Getting Away With Murder nou op Showmax.

Al hierdie vermaak is op jou gunstelingtoestel beskikbaar met Showmax, so teken in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.