Wat jy dalk nie van ‘Game of Thrones’ geweet het nie 

Foto: (HBO via AP)

Die eerste episode van die laaste seisoen van die epiese fantasie‑dramareeks Game of Thrones het miljoene mense voor die kassie vasgenael gehou.

Volgens die kanaal HBO het 17,4 miljoen mense Sondagaand (Maandagoggend Suid-Afrikaanse tyd) se episode op televisie of aanlyn gekyk.

Die eerste episode van die agtste en finale seisoen is Maandagoggend 3:00 (Suid-Afrikaanse tyd) op M-Net uitgesaai. Dit is die aand om 22:00 herhaal.

Só lyk die lengte van die res van die episodes en die uitsaaitye:

  • Seisoen 8, episode 2: Maandag, 22 April om 03:00. Lengte van episode: 58 minute
  • Seisoen 8, episode 3: Maandag, 29 April om 03:00. Lengte van episode: 1 uur 22 minute
  • Seisoen 8, episode 4: Maandag, 6 Mei om 03:00. Lengte van episode: 1 uur 18 minute
  • Seisoen 8, episode 5: Maandag, 13 Mei om 03:00. Lengte van episode: 1 uur 20 minute
  • Seisoen 8, episode 6: Maandag, 20 Mei om 03:00. Lengte van episode: 1 uur 20 minute

Foto: (HBO via AP)

Kitsfeite oor ‘Game of Thrones’:

  • Game of Thrones is op 17 April 2011 die eerste keer uitgesaai.
  • Die reeks word in meer as 170 lande uitgesaai.
  • Game of Thrones is tydens die agt seisoene in tien lande opgeneem, insluitend Noord-Ierland, die Republiek van Ierland, Marokko, Malta, Spanje, Kroasië, Ysland, die VSA, Kanada en Skotland.
  • Daar is nagenoeg 13 000 ekstras in Noord-Ierland gebruik en meer as 2 000 mense het agter die skerms aan die agt seisoene gewerk.
  • Game of Thrones het die dienste van 40 maatskappye gebruik vir die visuele effekte in die reeks.
  • Tydens die agt seisoene, en spesifiek met die produksie in Noord-Ierland, is 1 700 kg se rubber en 1,5 ton se metaal gebruik vir wapenuitrustings. Daar is ook 52 000 sakke papiersneeu; 163 ton propaan; 4 000 liter kunsmatige bloed; 20 907 kerse; 40 km se materiaal vir kostuums en 12 137 pruike en haarstukke gebruik.
  • Daar is oor die agt seisoene 19 722 reisdokumente uitgereik en 68 143 hotelkamers bespreek.
  • Die amptelike fotograaf van die reeks, Helen Sloan, het meer as 1,4 miljoen foto’s in die loop van die agt reekse geneem.
  • Game of Thrones het in die eerste sewe seisoene altesaam 132 Emmy-benoemings ontvang en 47 van die beeldjies gewen, sewe Golden Globe-benoemings en een toekenning, 18 SAG-benoemings en sewe toekennings, 17 Critics’ Choice-benoemings en een toekenning en sewe AFI-toekennings.
  • Elke episode het sowat $15 miljoen gekos om te vervaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nico Strydom ·

Dagsê Alweri
Jammer vir die oorsig en dankie vir jou valkoog. Die berig is gewysig.
Vriendelike groete
Maroela Media

JJS ·

As jy die 10 tuislande van destyds en Orania bytel is dit 207?

Marinda ·

Ai Patat, maak jy my dag.

Sal wag tot hele reeks beskikbaar is op ander formaat.
I don’t support DSTV/Multichoice.

bolla ·

Eerste 7 reekse kan afgelaai word van internet. Google net “index of tv series” en volg skakels tot jy dit kry. Ergerlike geweld en naaktheid in die reekse, wees versigtig as jy nie daarvoor te vinde is nie.

Kobus ·

Jy hoef nie DSTV te support nie, seker een van dié wat onwettig uTorrent en download. Ons mis jou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.