Die eerste seisoen van The Bachelor SA het op Valentynsdag vanjaar afgeskop, en aanhangers sit sedertdien weekliks voor die kassie vasgenael om te sien wie volgende uitgestem gaan word.
Die eerste Suid-Afrikaanse Bachelor, Lee Thompson, het reeds 18 vroue die deur gewys. Daar is tans ses vroue oor, waarvan een aan die einde van die seisoen deur Lee gekies sal word. Die vroue wat nog ʼn kans staan om Lee se hart te wen is Michelle, Nontombi, Jozaan, Gina, Jacqueline en Jenna.
As jy al ooit gewonder het wat agter die skerms van The Bachelor SA aangaan, is jy op die regte plek. Hier is ʼn paar feite omtrent The Bachelor SA wat jy dalk nie geweet het nie:
- Daar is tussen 45 en 90 lede in die produksiespan, afhangend van die fase waarin die program is.
- Tydens afsprake is produksiespanlede verminder sodat die ervaring romanties en intiem kan wees.
- Verfilming van The Bachelor SA het in November 2018 begin en het in Sandhurst in Johannesburg plaasgevind.
- Die finale episode is nog nie verfilm nie.
- Die vroue het ʼn huismoeder, ʼn sjef en professionele skoonmaakdienste gehad tydens verfilming in die Bachelor-huis.
- Meer as 3 000 vroue het ingeskryf vir die program. Omdat daar so baie inskrywings was, moes die The Bachelor SA-span brieke aandraai met advertering, anders sou die sifting baie lank geduur het omdat slegs 24 vroue op televisie kon verskyn.
- Die vroue wat uiteindelik gekies het om deel van die top-24 te wees, moes deur talle onderhoude en assesserings gaan voordat hulle gekies is.
- Die vroue kry ʼn lys van alles wat hulle moet inpak, en hoeveel hulle daarvan moet inpak.
Daar word aan die vroue gesê hoeveel aandrokke hulle vir die roos-seremonies moet saamneem.
- Die vroue doen hul eie grimering en stilering vir die program.
- Individuele afsprake is langer as wat kykers op die televisie sien. Dit duur gewoonlik ʼn paar ure lank.
- Die vroue mag nie die Bachelor-huis verlaat vir die duur van verfilming nie, tensy hulle huis toe gaan omdat hulle nie ʼn roos gekry het nie.
- Die yskas in die Bachelor-huis word vooraf volgemaak met alles wat die vroue sal mag nodig kry terwyl hulle daar is.
- Vroue mag nie hul selfone by hulle hê gedurende die program nie, maar mag een maal per week ʼn oproep na familie maak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Nee wat, toe hy Kelly laat gaan het ek ophou kyk! Net omdat sy in ‘n dagboek geloer het van ‘n baie onsmaaklike huismaat!? Ek sou Kelly enigiets vergewe!
Ek is mal oor die reeks en dink ons eie SA Batchelor is die aantreklikste! Ek hoop hy kies die regte vrou!
Geniet die Bachelor vreeslik baie . Hoop Lee maak die regte belsuit.
Regtig , wat maak dit saak wie se rokke hier gedra word. Die dames lyk almal mooi – of deal ons weer hier met klom suurknolle?
Hahaha, ek stem saam.