Wenners van die 2015-Fiësta-pryse

fiesta8Die wenners van die vyfde kykNET Fiësta-toekennings  is Donderdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending in Kunstekaap, die operahuis in Kaapstad, bekend gemaak.

Die geleentheid het gespog met optredes deur Joshua na die Reën, Brandon October, Corlea Botha, Magdalene Minnaar, Hemelbesem en Roelof Temmingh.

Frank Opperman is op die verhoog bygestaan deur gasaanbieders Jana Cilliers, Dawid Minnaar, Cindy Swanepoel en De Klerk Oelofse. Daar was ook uittreksels van benoemde werke soos Seemeeu met Sandra Prinsloo en Albert Pretorius, Dogma met Erik Holm en Tinarie van Wyk Loots, en Die klaagliedere van ds. Tienie Benadie van die seremoniemeester, Frank Opperman.

Die wenners van die 2015 Fiëstas is:

  1. Beste akteur
    Albert Pretorius (Die seemeeu en Playland)
  2. Beste aktrise
    Rolanda Marais (Die seemeeu en Dogma)
  3. Beste mansbyspeler
    Stian Bam (Bloed en rose)
  4. Beste vrouebyspeler
    Lee-Ann van Rooi (Rondomskrik)
  5. Beste regie
    Marthinus Basson (Bloed en rose)
  6. Teaterontwerp
    Jaco Bouwer (Poskantoor en Samsa-masjien)
  7. Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie
    Emo Adams (Finding Emo)
  8. Beste solovertoning
    Frank Opperman (Die klaagliedere van ds. Tienie Benade)
  9. Beste nuwe Afrikaanse opvoering
    Christiaan Olwagen (Dogma)
  10. Beste opkomende kunstenaar
    Richard September (Rondomskrik)
  11. Beste prestasie in klassieke musiek
    Braam du Toit (Poskantoor)
  12. Beste prestasie in visuele kunste
    Gerhard Marx (The Garden at Night)
  13. Beste musiekproduksie
    Finding Emo
  14. Beste aanbieding
    Bloed en rose
  15. Gewildste fees
    Clover Aardklop
  16. Lewensbydrae vir musiek en woordkuns
    Philip de Vos
  17. Lewensbydrae in teater en woordkuns
    Wilma Stockenström
  18. Lewensbydrae in teater en woordkuns
    Adam Small
  19. Lewensbydrae in teater
    Marius Weyers
  20. 50 jaar herdenking
    Fleur du Cap-teatertoekenning
  21. Bloustoel-toekenning
    Saartjie Botha

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Petro Bezuidenhout. ·

Veels geluk aan al hierdie wonderlike mense wat hard werk en nou erkenning geniet.Doen so voort!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.