Die wenners van die vyfde kykNET Fiësta-toekennings is Donderdagaand tydens ʼn regstreekse uitsending in Kunstekaap, die operahuis in Kaapstad, bekend gemaak.
Die geleentheid het gespog met optredes deur Joshua na die Reën, Brandon October, Corlea Botha, Magdalene Minnaar, Hemelbesem en Roelof Temmingh.
Frank Opperman is op die verhoog bygestaan deur gasaanbieders Jana Cilliers, Dawid Minnaar, Cindy Swanepoel en De Klerk Oelofse. Daar was ook uittreksels van benoemde werke soos Seemeeu met Sandra Prinsloo en Albert Pretorius, Dogma met Erik Holm en Tinarie van Wyk Loots, en Die klaagliedere van ds. Tienie Benadie van die seremoniemeester, Frank Opperman.
Die wenners van die 2015 Fiëstas is:
- Beste akteur
Albert Pretorius (Die seemeeu en Playland) - Beste aktrise
Rolanda Marais (Die seemeeu en Dogma) - Beste mansbyspeler
Stian Bam (Bloed en rose) - Beste vrouebyspeler
Lee-Ann van Rooi (Rondomskrik) - Beste regie
Marthinus Basson (Bloed en rose) - Teaterontwerp
Jaco Bouwer (Poskantoor en Samsa-masjien) - Beste prestasie in ’n musiekgedrewe produksie
Emo Adams (Finding Emo) - Beste solovertoning
Frank Opperman (Die klaagliedere van ds. Tienie Benade) - Beste nuwe Afrikaanse opvoering
Christiaan Olwagen (Dogma) - Beste opkomende kunstenaar
Richard September (Rondomskrik) - Beste prestasie in klassieke musiek
Braam du Toit (Poskantoor) - Beste prestasie in visuele kunste
Gerhard Marx (The Garden at Night) - Beste musiekproduksie
Finding Emo - Beste aanbieding
Bloed en rose - Gewildste fees
Clover Aardklop - Lewensbydrae vir musiek en woordkuns
Philip de Vos - Lewensbydrae in teater en woordkuns
Wilma Stockenström - Lewensbydrae in teater en woordkuns
Adam Small - Lewensbydrae in teater
Marius Weyers - 50 jaar herdenking
Fleur du Cap-teatertoekenning - Bloustoel-toekenning
Saartjie Botha
Veels geluk aan al hierdie wonderlike mense wat hard werk en nou erkenning geniet.Doen so voort!