Wild & Wragtag: Die jagveld in jou woonkamer

Wild & Wragtag bring die jagveld in jou woonkamer in – of waar dit ook al is waar jy graag jou gunstelingprogramme sit en kyk. Dié reeks kyk na die sinergie tussen bewaring, wildboerdery en jag.

Deur die loop van hierdie seisoen, gaan die span ook skietdae besoek en jou leer om die perfekte skoot af te vuur op die jagveld. Verder is daar ook gereelde verskynings deur Jokl le Roux, die slimjan van die veld wat alles weet van wilde diere se interessante eienskappe en gewoontes.

Jy sal onder andere uitvind dat ʼn krokodil ook op land kan jag, wat ʼn jagluiperd te make het met soldate wat in Indië diens gedoen het, en waarom die bobbejaan een van die slimste diere op die planeet is.

Daar is ook ontmoetings met interessante figure in die wildbedryf, soos Oom Dries Visser van Pure Bred Game, wat bekend is vir hulle rasegte, suiwer Zambiese swartmasker swartwitpense, en die Mortons wat op Tembani boer. Op Wild & Wragtag sal jy ook die storie leer ken van Inala, die buffelbul wat die hoogste prys ooit vir enige dier op ʼn veiling behaal het, teen R168 miljoen.

In een episode gaan vind die span uit hoe daar tans in die Wes-Kaap met kwaggas geteel word, meer as 200 jaar nadat hierdie spesie uitgesterf het, en daar word besoek afgelê by ʼn wildveiling, sodat kykers kan sien presies hoe dié geleenthede werk.

Daar word saam met allerlei mense gejag, van junior-jagters tot dames wat die geweer opneem, korporatiewe jagtogte waar kollegas saam spanbou, en boogjagters wys ook hoe dit gedoen word in verskillende terreine.

As jy meer wil leer oor die wild- en jagbedryf is Wild en Wragtag net die program vir jou. Daar is elke week ʼn nuwe episode, net op Showmax, so teken in om deel te wees van die aksie.

Vanaf 11 Julie is Wild & Wragtag vir die eerste keer op Showmax beskikbaar. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie reeks op 11 Julie aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.