‘The Simpsons’ behaal TV-mylpaal

The Simpsons is reeds in sy 29ste seisoen van die reeks. Foto: Facebook

Die gewilde animasie-televisiereeks, The Simpsons, het ʼn besonderse mylpaal behaal as die spitstyd-draaiboekreeks wat nog die langste ooit op televisie gebeeldsaai is.

Dié rekord is voorheen behou deur die televisiereeks Gunsmoke waarvan 635 episodes van 1955 tot 1975 gebeeldsaai is.

CBS News berig The Simpsons het amptelik hierdie rekord verbeter met die 636ste episode van die reeks die afgelope Sondag in die VSA. Die episode getiteld “Forgive and Regret” fokus op die karakter Oupa Simpson wat baie siek word en ʼn belydenis maak.

The Simpsons is reeds in sy 29ste seisoen nadat dit in 1989 vir die eerste keer gebeeldsaai is. Seisoen 30 is reeds in die beplanningsfase.

E News berig die skepper van die reeks, Matt Groening, het in ʼn onderhoud met USA Today gesê die vervaardigers van die gewilde animasiereeks het nooit verwag dat die reeks só lank sou voortduur nie. “Toe ons begin het, het ons nie eens geweet of die Fox-netwerk dit gaan maak nie, wat nog te sê ons eie reeks. Fox was ʼn eksperiment en hulle het ons toegelaat om feitlik enigiets te doen,” het Groening gesê.

Dana Walden en Gary Newman, voorsitters en uitvoerende hoofde van die Fox-televisiegroep, het in ʼn verklaring The Simpsons as ʼn baanbrekersreeks bestempel.

The Simpsons het soveel beteken vir die netwerk, die ateljee en almal by Fox en die reeks se voortgesette kulturele invloed oor die hele wêreld dien as ʼn bewys van die gesamentlike briljantheid van Matt, Jim en Al. Baie geluk aan almal wat deel is van hierdie baanbrekersreeks. En aan die miljoene Simpsons-aanhangers oor die wêreld, dankie dat julle nog al die jare kyk. Ons is dankbaar om te sê daar is nog baie wat voorlê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Netso ·

Jammer maar ek en my gesin vat geen krediet vir die godslasterlikke snert!

SNEL ·

Ek stem saam met jou Netso, gemors in eerste graad hierdie. Simpsons, Family Guy en South Park is uiters swak en Godslasterlik. Selfs kinderflieks, as hulle nie Godslasterlik is nie, dan sit hulle verkeerde tekens of goed in. Ice age 4 comes to mind (die nuutste een), Sherk 1 gebruik Eddy Murphy God se naam, van die ander Sherks verkeerde tekens en so kan mens aangaan. Die klomp wat se mens kan die duiwel in alles kry as jy hom soek, wil ek voor se, mens kan nie die Here dien en jou besig hou met goed wat ooglopend nie reg is nie.

Willem ·

Heeltemal korrek Netso, ek het na ‘n dag, na die berig geplaas is, daarop geklik, aanvanklik wou ek nie, want ek het geweet waarvoor hulle staan. Jammer Maroela, maar jul oordeel om hierdie berig te plaas het julle in die steek gelaat. Julle het nie ‘n idee wat “The Simpsons” propageer nie.

Pastoor ·

Sataniese program. Vreesaanjaande dinge heksogram and all

Francois ·

Hoop hulle maak nog lank baie programme. Ek bedoel hulle voorspellings kom ten miste waar. Soos toe hulle jare terug Donald Trump voorspel het, ne. Nous julle stil.

Gerrie Swanepoel ·

Ha! Ha! (quote and unquote) Snaaks hoe “The Simpsons” ‘n mens aangeraak het… Toe ek in my vroë tiener jare was Bart my hero maar soos tyd aangegaan het en die seisoene gekom en gegaan het, het ek meer en meer van ou Homer begin hou en selfs geasosier met Homer se manewalese! Kyk dit nog altyd…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.