Verskeie tradisionele kultuurgroepe het Versoeningsdag die herdenking van die ingebruikneming van die verbindingspad tussen die Voortrekkermonument en Vryheidspark bygewoon.
Sonja Lombard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, en Fana Jiyane, hoof uitvoerende beampte van Vryheidspark het elk toesprake gelewer.
Die ATKV Centurion-kultuurgroep het met die sing van “Pleidooi vir Afrika” die geleentheid afgesluit. Die groep het vroeër die dag ook as gaskunstenaars by die Versoeningsdagvieringe by Vryheidspark opgetree. Tradisionele danse en sang op die maat van bekende Afrikaanse liedjies is aangebied met ‘n kitaar-, mondfluitjie- en saagbegeleiding.
Dit is deur sulke mense wat ons land ten gronde gaan deur ‘n “reënboognasie”. En dan het hulle nog die vermetelgeit om soos voortrekkers aan te trek. Kry julle nie skaam nie? Ons eie ATKV wat nie meer Afrikaner trots is nie!.